Swakopmund vier steeds Erfenisweek
Swakopmund vier steeds Erfenisweek

Swakopmund vier steeds Erfenisweek

Kuns en vermaak
Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging, die COSDEF Arts and Craft Centre, die mini­steries van onderskeidelik onderwys, kuns en kultuur asook van inligting en kommunikasietegnologie het vanjaar weer hande gevat om die Swakopmund Erfenisweek aan te bied.

Die Wetenskaplike Vereniging nooi die publiek uit om tussen 21 en 27 September die vieringe van Erfenisweek 2020 mee te maak. Dit word by die Swakopmund Museum en die COSDEF Arts and Crafts Centre aangebied.

Die tema van vanjaar se vieringe is die ontwikkeling van kulturele veerkragtigheid in omstandighede wat as die “nuwe normaal” beskou word. Met dié tema in gedagte, word van die geleenthede vanjaar ook aanlyn aangebied.

Die amptelike opening vind op 21 September om 10:00 plaas. Tydens die geleentheid sal almal herinner word hoekom 'n erfeniskultuur belangrik is.

Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging sal 'n nuwe uitstalling genaamd Beacon of Hope bekendstel, wat die huidige coronaviruspandemie en die destydse Spaanse grieppandemie met mekaar vergelyk. Dit sluit ook verhale van hoop vanuit die Swakopmund-gemeenskap in.

Om 12:00 sal 'n virtuele klaskamer-werkskool vir onderwysers aangebied word deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie. Dié werkskool is spesifiek ontwerp vir onderwysers wat van die Zoom-platform gebruik maak om aanlyn klasse aan te bied. Dit bied 'n omvattende handleiding om 'n virtuele klaskamer te skep. Dit is 'n aanlyn-geleentheid wat op Facebook vertoon word.

Op 22 September word 'n werk­skool deur die talentvolle kleremaker Tilla Smit aangebied wat deelnemers sal leer hoe om hul eie maskers te ontwerp.



INSIG OP 1918-PANDEMIE

Op 23 September word 'n toer van die Beacon of Hope-uitstalling aangebied. Die assistent-kurator van die Swakopmund Museum, me. Nadine Phiri, sal interessante insig bied oor die huidige Covid-19-pandemie en dit vergelyk met Spaanse griep, die vergete pandemie van 1918.

Besoekers sal hoor van inspirerende verhale uit die Swakopmund-gemeenskap wat tydens die Stories of Hope-projek versamel is.

Op dieselfde dag sal die hoof maat­skaplike werker van die Erongo­streek, me. Audrie Gaes, 'n voorlegging oor stigmatisering tydens Covid-19 aanbied, wat ook regstreeks op Facebook uitgesaai sal word.

Op 24 September word 'n volhoubare groentetuin-werkskool by die COSDEF Arts and Crafts Centre aangebied. Die deelnemers sal leer hoe om groentebeddings te bou, saad van hul eie plante voor te berei en te stoor asook baie nuttige wenke ontvang vir die verbouing van groente in die woestynklimaat van Swakopmund.

Op 25 September word 'n Namibiese film-aand op die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging se Facebook-blad aangebied. Die Namibiese Filmkommissie stel twee dokumentêre rolprente beskikbaar – “Once we were hunters” en “Mbunza of the Kavango”. Eersgenoemde fokus op die lewensbestaan van die San-gemeenskap – hoe hulle hulself in Namibië gevestig het en hoe hulle deur modernisering geraak word.

“Mbunza of the Kavango” fokus op die erfenis en kultuur van die Mbunza-gemeenskap. Dit word vertel uit die perspektief van 'n Mbunza-seun wat bekommerd is oor hul erfenis wat wegkwyn.

Op 26 September word die “Why I love my culture”-video op Facebook vertoon.

Alle aktiwiteite is onderhewig aan die huidige Covid-19-regulasies. Registrasie is 'n vereiste om die geleent­hede by te woon. Kontak me. Irina Ivanova by [email protected] of skakel tel 064 402 695 om te registreer.

Die programskedule is beskikbaar op Facebook (Scientific Society Swakopmund).

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%