Swakop-stadsraad aan ministerie: Betaal eers

'Regering het 'n plig om te betaal'

02 March 2021 | Regering
Erwin Leuschner op Swakopmund – In die lig van die tweede golf van Covid-19 wat Namibië getref het, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bykomende akkommodasie op Swakopmund vir kwarantyndoeleindes versoek.

“In die streek, veral in die Swakopmund-distrik, was daar 'n eksponensiële toename in nuwe gevalle gedurende die vakansietydperk,” lui 'n brief wat die Erongostreek se gesondheidsdirekteur, me. Anna Jonas, in Januarie aan die stadsraad oorhandig het.

Om dié rede het sy gevra vir die gebruik van 25 bykomende munisipale rushuise.

Hierdie onderwerp het tydens verlede week se raadsvergadering 'n debat ontketen nadat die uitvoerende gesag aan die begin van Februarie besluit het die ministerie kan die rushuise teen 'n laer tarief gebruik – mits die ministerie eers 'n uitstaande rekening betaal.

Volgens 'n konsepresolusie is die ministerie toegelaat om 112 munisipale rushuise teen 'n laer tarief te gebruik tydens die eerste golf van die virus in Junie 2020. Hierbenewens het die raad 78 ekstra kamers gratis aan die ministerie vir kwarantyndoeleindes beskikbaar gestel.

Die ministerie het die 112 rushuise vir ongeveer twee-en-'n-half maande gebruik, wat ondanks die aansienlik verlaagde tarief meer as N$3,6 miljoen gekos het. Van hierdie bedrag is N$1,5 miljoen nog uitstaande.



DEBAT OOR OPLOSSING

“Konsentreer ons nie te veel op hulpbronne, eerder as op die gesondheid van ons inwoners as ons hierdie vereiste stel nie?” wou raadslid Erikki Shitana (Swapo) by verlede week se munisipale vergadering weet.

“Wat moet ons doen as iemand in kwarantyn geplaas moet word, maar die rekening is nog nie betaal nie? Waar moet die persoon gehuisves word?”

Shitana het 'n dringende beroep op raadslede gedoen om 'n ooreenkoms met die ministerie te onderteken. Raadslid Heinrich Hafeni (Swapo) het saamgestem. “Die vereiste om eers te betaal, is te moeilik,” het hy gesê.

Die voorsitter van die uitvoerende gesag, mnr. Wilfried Groenewald (SRA), het geantwoord dat die aantal nuwe infeksies op Swakopmund aansienlik gedaal het en tans baie laag is.

“Die ministerie het ook genoeg tyd om te betaal,” het hy gesê.

Weens die pandemie ervaar vele maatskappye finansiële probleme, terwyl talle reeds hul deure gesluit het.

“Die skuld bly ophoop. Dit moet as 'n herinnering aan die regering dien dat hulle ook die verantwoordelikheid het om te betaal,” het Groenewald gesê.

“Dit is nou die ministerie van gesondheid se beurt.”

Die meeste raadslede het met Groenewald saamgestem.

– [email protected]

Soortgelyk

 

79 nuwe gevalle, een sterfte

20 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge...

LPM ruk op na NV

1 uur gelede | Politiek

Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers,...

RMB Song Night vier ’n dekade

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

7 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

16 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Sprinkane nou in 11 streke

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...