Swakop-moord: tweede slagoffer sterf
Die 82-jarige man wat verlede week saam met sy vrou in hul huis op Swakopmund wreed aangerand en beroof is, is gister oorlede.
Volgens hoofinsp. Erastus Ikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is mnr. Siegfried Paul Hermuth Strzelecki om 16:50 in die Marie Douglas verswakte versorgingseenheid oorlede. Hy het glo vanweë die beserings wat hy tydens die rooftog opgedoen het, gesterf.
Ikuyu het gesê ‘n nadoodseondersoek sal gedoen word om die oorsaak van mnr. Strzelecki se dood te bepaal.
“Die drie beskuldigdes in die saak, mnre. Jerobeam Simon Shidute (23), Fabianus Lazarus (24) en Daniel Stephanus Nghilifa (26), sal nou dubele moordklagte in die gesig staar,” het Ikuyu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie