Swaar trein vol tuisgemaakte blues

Lloyd Zandberg
Deon Schlechter – Die titel van Roadhouse Blues se debuutalbum is Heavy Train, maar dié album is alles behalwe swaar.

Die groep se unieke vrag tuisgemaakte blues trek liggies en gemaklik deur Namibië se landskap.

Hul lirieke is vol emosie en eiesoortigheid, wat opnuut beklemtoon daar is geen ander musiekgenre soos blues nie.

Nege van die elf nommers op die album kom uit Thomas Bokemüller (sanger, elektriese kitaar, akoestiese kitaar, glykitaar en klawerbord) se pen.

Liedjies soos “Sunrise Blues”, “Devils Prey” en “Come Running” sal die luisteraar in blydskap, oorwinning, smart en hartseer meevoer. En ’n bietjie bitterbekkigheid – blues op sy beste.

Roadhouse Blues se instrumentasie is so veelsydig soos hul lirieke met Hu-de San (bekfluitjie- en saksofoonvirtuoos), wat met die twee windinstrumente vir vuurwerk sorg met elke nommer waarin hy optree.

Tromme is blues se hartklop.

En min tromspelers kan die tempo en ritme van blues beter handhaaf as Amesh Morar. Hy verstaan blues vereis nie ‘n pronkerige styl nie, maar hy weet hoe om songs te laat vloei en in die groove te bly.

Dan is daar Robert Key op baskitaar. Die baskitaar is dalk die mees kritieke instrument in ‘n bluesgroep, en die 70-jarige Key is instrumenteel in die versorging van die ritmiese en harmoniese fondasie van die groep.

Key is ‘n legende in Namibiese blues-/rockmusiek en die vleis en aartappels in die groep se musiekdis.

Bokemüller is veel meer as die leier en liedjieskrywer van die groep. Hy mag dalk nie oor die beste rasegte blues-stem beskik nie, maar sy veelsydigheid weef ‘n ryk tapisserie en sy vernuf op kitaar het geen gelyke in die woestynland nie.

Bokemüller sê hy het die groep se naam eenvoudig gehou sodat mense dadelik kan weet watse soort musiek om te verwag.

“Ek is ook ‘n liefhebber van die oop pad. Vandaar die road in Roadhouse Blues.”

Hy sê hy het danksy sy ouer broer al op 11 na harde rock soos Queen, Rush en Kiss geluister.

“Later het dit verander met David Gilmour van Pink Floyd, Santana en klassieke musiek se invloede.”

Dié meesterlike kitaarspeler het klassieke musiek gestudeer en selfs ‘n akoestiese trio op die been gebring om Mozart en Bach op te voer.

In 2012 het die vier musikante van Roadhouse Blues bymekaargekom en hier en daar saam opgetree voor Bokemüller stadigaan die Mojo Blues ontdek het, met invloede van BB King, Muddy Waters, Stevie-Ray Vaughn en Robert Ford.

“Ek het gevoel die sirkel is voltooi en blues is my genre. Maar ek was ‘n rock-kitaarspeler wat blues wou speel, en dit het die drie ander lede gekos om my met blues te vereenselwig. Ek is deur talle musiekvorme beinvloed, maar nou is ek tuis.”

Bokemüller gryp sy kitaar as hy ’n liedjie wil skryf en sorg dat hy eers die melodie onder die knie kry voor hy lirieke begin soek.

Soos dit by goeie blues hoort, is die grondslag van die album hartseer en rou oor gebroke verhoudings, maar Heavy Train is nie ‘n tranedal nie.

Daar is ligter vermaak ook, en die ganse album is blerrie goeie blues.

Dit het Bokemüller net vier maande gevat om al nege songs te skryf. Die ander twee nommers op die album is BB King classics.

Die groep tree sedert 2014 by al die grootste musiekfeeste in die land op.

“Ons het ’n eiesoortige klank. Dis blues, maar ons is ’n goeie mengsel van luidrugtige elektriese kitaar, ‘n groovy baskitaar, wellustige saksofoon en ‘n driftige bekfluitjie,” sê Bokemüller.

Heavy Train word vanaand amptelik by die Warehouse-teater in Windhoek vrygestel. Kaartjies is by die deure en eventstoday.com.na beskikbaar en kos N$130 per persoon.

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%