Swaar storms verwag

Elvira Hattingh
Swaar storms word vandag en môre oor die Kavango-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas- en Hardapstreek verwag, terwyl dele van die land die afgelope naweek reeds reën ontvang het. Terselfdertyd het die Von Bachdam met 6,8% sedert verlede Maandag gelig en staan nou op 44,5%. Die Friedenaudam het ook met 0,2% gelig, terwyl die Bondelsdam, wat ’n week vantevore nog leeg was, nou 37,2% water bevat. Dié foto is noord van Windhoek geneem. FOTO ELVIRA HATTINGH

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer