Suurlemoentert
Suurlemoentert

Suurlemoentert

Lloyd Zandberg
Bestanddele:

· 250 ml vars room

· 1 x 385 g-blik kondensmelk

· 125 ml suurlemoensap

· 1 x 200 g-pakkie tennisbeskuitjies

Metode:

Klits room tot stywe punte vorm. Meng kondensmelk en suurlemoensap. Pak ’n laag koekies op die bodem asook al langs die kante van ’n 22 cm-losboomkoekpan. Vou room by kondensmelkmengsel in. Skep mengsel op koekies in pan en smeer gelyk. Laat stol in yskas vir 2-3 uur. Verwyder koekpan en sit voor.

Genoeg vir een 22 cm-tert

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer