Superaanslae op 2017-eindstryd
Dalk het die Leeus nie baie ondersteuners in Namibië nie, óf selfs geharde draers van die rooi-en-wit trui is uiters katvoet vir die Hurricanes as dit by voorspellings kom oor wat môre op Ellispark gaan gebeur.
Suid-Afrika se oorblywende span in die Superrugby-reeks het voor die uitklopwedstryde boaan die gesamentlike punteleer geëindig.
As die Leeus wen, sal hul ’n tuiseindstryd teen die wenner van die vroeër wedstryd tussen die Crusaders en Chiefs verseker.
Uit raaiskote sover in MultiChoice Namibia en Republikein se kompetisie, verwag 52% van voorspellings dat die Leeus wel sal wen. Die voorspelde punteverskil is egter baie min – in gevalle slegs een punt. Die oorblywende 48% van inskrywings dink die Nieu-Seelandse stormwinde kan dalk net te veel vir die Gautengers wees.
Veel meer sekerheid, 68%, bestaan onder deelnemers dat die legendariese Crusaders nie teen die Chiefs sal vasval nie en weer die eindstryd sal haal. Die 32% van waagkanse dat die Chiefs kan verras, voorspel indien wel ook net enkele punte se verskil.
Hierdie naweek is sewe pryse op die spel met ’n totale waarde van byna N$4 500.
DStv Premium-intekenare kan steeds met deelname hul name byvoeg tot die groot pot selfoonnommers waaruit later ’n wenner van N$10 000 getrek sal word.
In die kwarteindstryde kon deelnemers die eindtellings van al vier wedstryde voorspel. Vier persone het as wenners gekwalifiseer.
Mnr. Francois Jooste van Windhoek was 100% reg met sy voorspelling dat die Leeus die Sharks met 23-21 sou klop. Hy het die Explora-dekodeerder gewen.
Francois se raaiskoot is ’n klompie minute ontvang vóór ’n tweede kolskoot vir dieselfde wedstryd deur mnr. Rod April. April het ’n kontantprys van N$500 van MultiChoice ontvang.
Me. Louise Oberholzer van Gobabis was een puntjie uit. Haar voorspelling was 23-22 in die Leeus se guns. Sy en Nick Brand het die SuperSport-geskenkpak ter waarde van N$450 gewen.
Mnr. Jurie Louw, wat al tevore ’n DStv-prys gewen het, het Republikein se N$500 ontvang vir sy raaiskoot dat die Hurricanes die Brumbies met 35-19 sou klop. Die telbord het 35-16 gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie