Super Mario gereed om bank toe te nael
''n Nuwe weergawe van die gewilde Super Mario-speletjie bied strawwe kompetisie vir Nintendo se Pokémon Go.
Kan Super Mario vinniger bank toe hardloop as Pokémon Go?
Dit is die vraag wat Nintendo homself vra nadat hy die mobiele weergawe van sy speletjie, Super Mario Run, op 15 Desember bekend gestel het.
Die speletjie, met sy ikoniese karaktertjie wat die wêreld vol hardloop om Prinses Perske te red, het die eerste dag toe dit in 62 lande vir Apple-toestelle bekend gestel is, boaan die ranglys beland vir die gewildste speletjies wat afgelaai is.
Nintendo se aandele het egter dieselfde dag met 2,6% op die Nikkei in Tokio gedaal nadat dit vanjaar reeds met 65% gestyg het.
Die groot vraag is nou of Super Mario Run gewild kan bly en mense kan oortuig om US$9,99 te betaal om al 24 vlakke van die speletjie te kan speel.
Nintendo glo mense gaan bereid wees om te betaal om Mario aan die hardloop te hou, selfs al kos die meeste apps bykans die helfte minder.
Selfs die baie gewilde Minecraft-speletjie kos US$6,99.
“Dit sal nie 'n verrassing wees as mense eers wil kyk hoeveel genot hulle uit die eerste drie gratis vlakke kan put voordat hulle bereid sal wees om US$10 daarvoor te betaal nie,” sê Randy Nelson, hoof van mobielenavorsing by Sensor Tower in San Francisco.
Super Mario Run is die eerste vol weergawe van 'n speletjie wat die Japannese maatskappy bekend gestel het nadat dit vir jare die mobiele app-mark vermy het.
Hoewel hy aan die begin van die jaar sy potensiaal met die sukses van Pokémon Go aangetoon het, was dit nie heeltemal sy eie produk nie.
Nintendo het saam met Niantic gewerk om dié gewilde speletjie te skep.
Die groot vraag is wel of Super Mario Run beter as Pokémon Go kan vaar. Dié speletjie is reeds meer as 500 miljoen keer afgelaai en het ongeveer US$600 miljoen die eerste drie maande nadat dit bekend gestel is, gemaak, berig App Annie, 'n navorsingsplatform.
Atul Goyal van Jefferies Group dink ongeveer 500 miljoen mense kan teen einde Maart die nuwe speletjie aflaai.
Sommige ontleders het reeds moontlike uitdagings vir die speletjie gekry soos dat jy heeltyd aan die internet verbind moet wees as jy wil speel. Hulle dink ook die US$10 prys is hoog.
Op die oomblik is Super Mario Run nie in China beskikbaar nie, wat verantwoordelik is vir 'n kwart van alle app-inkomste.
Al wat Nintendo sê oor wanneer die speletjie vir Android-toestelle beskikbaar sal wees, is dat dit een of ander tyd in 2017 is.
– Netwerk24/Aangepas
uit Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie