SunWest, Dunkin Donuts rem GPI se verdienste
'n Verwagte daling van tussen 55% en 65% in Grand Parade Investments (GPI) se wesensverdienste vir die ses maande geëindig 31 Desember kan grootliks toegeskryf word aan die verkoop van SunWest International en sy aanvanklike belegging van R13,7 miljoen in Dunkin Donuts en Baskin Robbins.
Dié verduideliking blyk uit 'n Sens-verklaring wat GPI Dinsdagoggend uitgereik het.
Die SunWest-transaksie het gepaard gegaan met 'n verminderde bydrae van R20,5 miljoen tot sy inkomste en saam met die nuwe beleggings tot 'n wesensverdienste per aandeel van 0,72 sent en 0,92 sent.
Die daling in die wesensverdienste moet gesien word teen die uitwerking van die SunWest-transaksie op sy balansstaat: Van die R547,5 miljoen wat daaruit verkry is, is R281,2 miljoen gebruik om skuld te vereffen en 'n dividend van 25 sent per aandeel einde Desember 2016 te betaal.
Sy basiese verdienste per aandeel vir dié tydperk sal daarenteen na verwagting tussen 6,80 en 7,37 sent per aandeel beloop – 'n styging op 'n jaargrondslag van tussen 20% en 30%, aldus die Sens-verklaring.
Die styging in verdienste is hoofsaaklik die gevolg van 'n R48,5 miljoen-wins uit die verkoop van GPI Slots.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie