Suné neem las vegas op horings
Mej. Namibië 2017, Suné January, vertrek vandag na Las Vegas in Amerika waar sy op 26 November aan die Miss. Universe-skoonheidskompetisie gaan deelneem. Haar nasionale kostuum is deur mnr. Cobus Möller ontwerp en gemaak. “Ons het besluit om bewustheid vir renosters met die kostuum te skep. Agterop die rok se sleep staan ook in rooi letters Save our Rhino,” het Möller gesê. Saam met Suné is haar ouma, me. Fransina Januarie, en haar oom, mnr. Rudolf Januarie. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie