Suiwelbedryf opnuut in die knyp
Ronelle Rademeyer - Die verkope van plaaslik geproduseerde melk het gedaal en die kans is goed dat die handjievol Namibiese suiwelprodusente ondanks verhoogde produksiekoste, minder vir roumelk betaal gaan word.
Dit het aan die lig gekom tydens die bestuursvergadering van die Suiwelprodusentevereniging (SPV) op 8 Februarie.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) sê in sy jongste nuusbrief die Namibiese suiwelbedryf bevind hom in 'n moeilike situasie en die vooruitsigte lyk bleek.
“Die verkope van Namibies geproduseerde melk het gedaal en dit kan toegeskryf word aan die sukkelende ekonomie asook die invoer van goedkoop melk uit Suid Afrika.
“Die groei van die bedryf word hierdeur gedemp en produsente staar 'n prysverlaging in die gesig,” sê die NLU.
Produsente word ook gewaarsku om nie meer as hul kwota aan die suiwelverwerker Namibia Dairies te lewer nie, aangesien ekstra melk waarskynlik nie deur die mark opgeneem sal kan word nie.
Die NLU wys in sy nuusbrief op die suiwelbedryf se dilemma van die tweesnydende swaard. “Aan die een kant is die belangrikheid van plaaslik geproduseerde produkte en binnelandse waardetoevoeging hoog op almal se agenda, maar aan die ander kant word daar toegelaat dat goedkoop suiwelprodukte die land binnekom waarmee Namibiese produsente nie kan meeding nie.
“Die hoop van die Namibiese suiwelprodusente is nou op 'n konsepwetsontwerp wat hierdie jaar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word. Die beheer oor die invoer van suiwelprodukte na Namibië word hierin getakel.
Die regering het in Oktober 2013 kwantitatiewe invoerbeperkings ingestel, maar dit is deur suiwelinvoerders in die hof teengestaan en uitspraak is in hul guns gelewer.
Buiten die Superplaas van Ohlthaver & List by Mariental, voorsien sowat twaalf ander produsente melk aan Namibia Dairies.
Die bedryf verskaf werk aan nagenoeg 1 000 mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie