Suiderlig vier onafhanklikheid met eerste Herero-mars
Leerlinge van die Sekondêre Skool Suiderlig het Namibië se Onafhanklikheidsdag onlangs met groot trots en ywer gevier.
Die dag was net nie 'n groot bron van motivering vir die leerlinge nie, maar ook vir talle Namibiërs.
Ons het die seremonie voor die skool se saal afgeskop en voor ons die land se nasionale lied gesing het, kon 'n mens die trots en vreugde op die leerlinge se gesigte sien.
Daarna het David Shikololo, lid van die leerlingraad, die geleentheid met skriflesing en gebed geopen.
Die hoogtepunt van die dag se vieringe was die Herero-mars wat die graad 8-seuns gereël en aan deelgeneem het.
Dit is die eerste keer dat 'n Herero-mars by die skool gedoen word en almal in die skoolsaal het hul longe uitgeskree van opgewondenheid.
Ná die mars het leerlinge ook gedigte oor onafhanklikheid, vrede en stabiliteit vir die skool gelees.
Dit motiveer ons om saam te werk en die pragtige karakter van ons land te behou en te bevorder
Dit was duidelik dat die leerlinge die belangrikheid van onafhanklikheidsvieringe besef het en die onderwysers het ook net geweet hoe om die dag lekker vir almal te maak deur leerlinge die vryheid te gee om in hul tradisionele drag skool toe te kom.
Toe dit tyd was vir die Nama en die Oshiwambo tradisionele dansgroepe om op te tree, het die leerlinge in die saal so hard gejuig en gejubel dat dit amper die skoolsaal se dak gelig het. Die meisies se vertoning het almal se harte met trots en blydskap gevul.
Een ding is seker en dit is dat Suiderlig erns maak met die viering van Namibië se Onafhanklikheidsdag. Ons is trots om kinders van so 'n diverse land soos Namibië te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie