Suide kies Vrydag weer

Politieke partye, onafhanklike kandidate bly dieselfde

24 February 2021 | Politiek
Elizabeth Joseph en Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het bevestig dat nuwe verkiesings eerskomende Vrydag op Koës, Aroab, Stamp­riet en vir die Mariental Landelike-kiesafdeling sal plaasvind.

Die verkiesing volg op 'n hoër­hofbeslissing wat laas jaar se poging om die gemeenskappe hul leiers te laat kies, nietig verklaar het.

Volgens die ECN se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, vorder logistieke voorbereiding van die 21 stempunte betrokke by die verkiesings.

Nege mobiele stempunte en 12 vaste stempunte sal gebruik word.

Die aanstelling van stembeamp­tes is voltooi en opleiding van beamptes, politieke partye se verteenwoordigers en polisiebeampte betrokke duur sedert laas Saterdag tot vandag voort.

Stemmateriaal is op 19 Februarie versprei en word by nabye polisiekantore vir elke stempunt bewaar. Die ECN het ook genoeg voertuie verseker om die behoeftes van die verkiesing na te kom, sê hy.

Spanne sal ontplooi word om vanaf môre die ­stempunte te beman en voorbereiding te voltooi. Politieke partye en onafhanklike kandidate bly dieselfde as wat meegeding het in die betrokke 2020 plaaslike owerheid- en streekraadverkiesings.

In Aroab is dit die Landless People's Movement (LPM), die Popular Democratic Movement (PDM), Swapo en die ­Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) wat meeding.

Op Koës is die Independent ­Patriots for Change (IPC), die LPM, die PDM en Swapo se name op die stembriewe.

Swapo, PDM en LPM is in mede­dinging op Stampriet en vir die setel van die Mariental Landelike-kiesafdeling is dit die LPM, PDM, Swapo en mnr. Desmond Tjipanga as onafhanklike kandidaat.

Mnr. Andrey de Juy van die LPM op Aroab glo sy jong party het 'n goeie kans om nou 'n verandering te bring in 'n gemeenskap wat vir baie jare agterweë gelaat is.

“Dertig jaar ná onafhanklik­wording sien ons nou dat daar verandering in die Suide gaan kom,” voorspel hy.

Projekte in voedselvoorsiening wat ook werk kan skep, laekoste­behuising veral vir die jeug en 10 000 hektaar kommersiële kleinveeboerdery met toegang vir gemeenskapslede tel onder sy prioriteite, indien hy sou wen, sê De Juy.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...