Suid-Afrika kan baie by Namibië leer
FERDIE EN MARLENE VILJOEN EN GESIN VAN WORCESTER IN DIE WES-KAAP, SUID AFRIKA SKRYF:
Beste Namibiërs
Graag wil ons vir een en almal bedank, wat ons so bygestaan en ondersteun het tydens en ná ons motorongeluk op die 10de Augustus 2018 tussen Otavi en Otjiwarongo.
Vanaf die eerste minuut ná die ongeluk tot met die opstyg van die lugambulans op 16 Augustus na Panorama Medi Clinic in Kaapstad vir verdere operasies.
Ons wil nie graag iemand uitsonder nie, maar Amukwaya Ananias van die polisie op Otjiwarongo en ons vriende wat saam met ons getoer het, Francois du Toit en George Botha, julle het ons lewens gered en daarvoor sal ons julle altyd dankbaar wees.
Verder dankie aan medici, bekendes, onbekendes – almal was net dáár en het kom hulp aanbied, ons besoek en vir ons gebid. Daar is te veel om te noem.
Nooit sal ons dit vergeet nie. Ons lewens is vir altyd verander, en die herstelpad is nog lank, maar Namibië en sy inwoners se goedheid sal ons altyd in ons harte koester.
Baie dankie vir dié wat vir ons drie seuns wat na Namibië gevlieg het verblyf en voertuie beskikbaar gestel en dat ons ons kamptoerusting terug na Suid-Afrika vervoer is.
Ons wil ook ons innige simpatie betuig aan die familie van die oorledenes in die ander motor. Mag julle ook vertroosting vind, ons gebede is met julle.
Baie gebeure maak nou sin. Ons terugreis vanaf Botswana het nie Namibië ingesluit nie; ons het ons reisplan verander en ons was twee nagte se oorslaap van die huis, maar nou verstaan ons hoekom dit so moes wees, want hoe sou ons anders Namibië met sy inwoners se gasvryheid, goedheid, vriendelikheid en behulpsaamheid kon ervaar?
Suid-Afrika het baie te leer by julle as dit by omgee kom, maak nie saak wie en wat jy is nie.
Baie, baie dankie.
Julle is ongelooflik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie