'Stuit stropery of olifante gaan hier verdwyn'
'Stuit stropery of olifante gaan hier verdwyn'

'Stuit stropery of olifante gaan hier verdwyn'

Die president van Born Free het gesê Brittanje het ­aangedui dié land gaan vanaf Oktober 2018 geen handel in ivoor toelaat nie.
Elise Tempelhoff



Gemiddeld 55 olifante word elke dag in Afrika vir hul ivoor van kant gemaak.

Dié diere ervaar 'n krisis.

Só het die bewaringsorganisasie, Born Free, Sondag op Wêreld­olifantdag gesê.

Born Free het in 'n verklaring daarop gewys dat daar 'n eeu gelede sowat 5 miljoen van hierdie reuse-soogdiere in Afrika was. Vandag is daar sowat 500 000 op die kontinent oor.

Daar word gemiddeld een elke 25 minute van kant gemaak.

Sedert 2012 is na raming 201 288 olifante in Afrika gestroop.

Kundiges voorspel nou dat as die stropery nie baie gou hokgeslaan en die handel in ivoor nie verbied word nie, olifante binnekort uit groot dele van Afrika gaan verdwyn.

Will Travers, president van Born Free, het in 'n verklaring gesê: “'n wêreld sonder olifante, is ondenkbaar. Born Free sal nie toelaat dat dit gebeur nie.

“Ons wéét onder watter druk hierdie diere is weens die vraag na hul ivoor. Dit is juis waarom ons sedert 1989 veldtogte voer om 'n algehele, internasionale verbod geplaas te kry op enige handel in ivoor.

“Stappe word uiteindelik in die regte rigting gedoen.”

Hy het daarop gewys dat China amptelik die binnelandse handel in ivoor in 2017 verbied het. Amerika is besig om stappe te doen en die meeste Afrikalande wil hê daar moet geen handel in ivoor toegelaat word nie.”

Travers het gesê Brittanje het aangedui dié land gaan vanaf Oktober 2018 geen handel in ivoor toelaat nie.



IVOOR VERBRAND

“Twee jaar gelede het ek op die grens van die Nairobi Nasionale Park in Kenia gestaan en kyk hoe 105 ton ivoor verbrand word. Die tande van 10 000 olifante het seremonieel in vlamme opgegaan. Kenia het op daardie dag 'n boodskap aan die wêreld uitgestuur dat olifante vir dié land se mense lewend meer werd is as dood.

“Terwyl daar 'n vraag na ivoor is, sal stropers en die misdaadnet­werke wat hulle ondersteun, voortgaan om hierdie simbool van alles wat wild en vry is, te vernietig. Daar is soveel wat nog gedoen moet word om dié slagting te stuit.”

Travers het daarop gewys dat olifante sleutelspesies in 'n ekostelsel is. Hulle staan bekend as die “tuiniers van 'n ekostelsel”. Deur hul mis “saai” hulle, so ver hulle loop, sade wat nie verteer is nie. Hulle verander landskappe deur bome te ontwortel en vir water te grawe in tye van droogte. Die manier waarop hulle wei, help ander diere om in moeilike omstandighede in die natuur te oorleef.

“Olifante is diere wat 'n selfbewussyn het. Hulle leef in nou verweefde familiegroepe, wat vir hul kleintjies sorg. Nes mense treur hulle oor die verlies aan familielede. ­Ongevoelige stropers maak groot olifante vir hul tande dood en laat getrauma­tiseerde kalfies agter.”

Born Free het ook 'n beroep op mense gedoen om hul ivoor aan die organisasie te skenk sodat dit verkieslik vernietig kan word. Hulle noem dit 'n amnestie vir ivoor totdat Brittanje oor twee maande 'n algehele verbod op die verhandeling van ivoor plaas.

Dr. Paula Kahumbu, ­uitvoerende hoof van die nieregeringsorganisie WildlifeDirect, het gesê in Kenia kan iemand wat ivoorjuwele dra òf tronkstraf kry òf uit die land gedeporteer word as hy 'n toeris is.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032