Studie toets jou siening van Afrikaans

Unam-meesterstudent bestudeer taal.

16 September 2020 | Onderwys
Kristien Kruger – In haar meesterstesis kombineer me. Nicolette Harmse haar groot liefdes vir Afrikaans en vir Namibië.

Die studie bestudeer Afrikaanssprekendes en nie-Afrikaanssprekendes se houdings en persepsies van Afrikaans, veral in die Khomasstreek.

Harmse meen Namibië se veelbewoë geskiedenis het 'n verskeidenheid persepsies tot gevolg gehad. Sy wil dié opvattings vasstel en dokumenteer met die doel om mense daarvan in te lig en om 'n platform vir toekomstige akademiese navorsingsdoeleindes te skep.

Harmse doen haar meestersgraad by die Universiteit van Namibië (Unam) met die bekwame prof. Herman Beyer as haar hoofstudieleier.



VRAELYS

Harmse se voorgraadse studies by die Noordwes-Universiteit het grootliks op Afrikaans se Europese verlede en die Suid-Afrikaanse geskiedenis gefokus.

“Ek het tot dusver tydens my meestersstudie só baie geleer oor die Namibiese geskiedenis van Afrikaans en dit is vir my verblydend om ook 'n bydrae te kan lewer tot die toekoms van Afrikaans in ons land,” het sy gesê.

As deel van Harmse se studie het sy 'n vraelys saamgestel.

Indien jy 'n betekenis­volle bydrae wil maak, kan jy op die skakel kliek of die QR-kode skandeer en die vraelys beantwoord.

Skakel: https://forms.gle/t643nDX1jVsNz2VT6

“Deelname aan die studie is vir mense van 18 en ouer en is vrywillig.

“Die vraelys word anoniem beantwoord en geen­ ­inligting wat tydens die studie ingesamel word, sal op enige manier met u naam of identiteit geassosieer word nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

10 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

10 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

10 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

10 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

10 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

10 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

10 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...