Studente ondersteun onnies se optog
"Ons wag lank vir die ministerie se lys. Ons wil weet wat die toekoms vir ons inhou."
Maria Eiseb - Hoewel die ministerie van onderwys, kuns en kultuur belowe het hulle sal die bulletin vir vakante onderwysposte aan die einde van die maand bekend maak, is studente aan die Universiteit van Namibië (Unam) steeds onseker oor hul toekoms.
Tussen 150 en 200 onderwysstudente het Dinsdag aan die Onderwysersunie van Namibië (TUN) se optog deelgeneem.
Hulle het van die universiteit se Khomasdal-kampus af na die ministerie gestap om 'n petisie aan die minister, me. Katrina Hanse-Himarwa, te oorhandig.
Volgens TUN se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, sal die bekendmaking van die bulletin met vakante onderwysposte nie die oplossing vir al die kwessies by skole wees nie.
Kavihuha het gesê sommige poste gaan steeds gevries word om kostes te sny, en indien dít die geval is, sal dit druk op onderwysers plaas.
Volgens hom sluit die kwessies by skole in die getal leerlinge in klasse en die gehalte van onderwys.
Kavihuha het gesê die ministerie is besig om strukturele aanpassings vir die bekendstelling van poste te maak, maar nog niks is gesê oor vakante poste nie. Volgens Kavihuha laat Hanse-Himarwa haar nie hieroor uit nie.
“Ons daag die ministerie uit om die lys dringend bekend te maak,” het hy gesê.
Volgens Kavihuha is van die vakbonde, onder meer die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), nie bewus van die situasie nie, maar volgens die ministerie is Nanso wel bewus daarvan.
Die studente wat aan die einde van die jaar hul studies voltooi, is TUN se verantwoordelikheid, en dié vakbond wil hê aangestelde onderwysers moet gekwalifiseer wees, het hy bygevoeg.
Me. Ruth Mweendeleni, 'n vierdejaarstudent en lid van die studenteraad (SRC) vir akademiese sake, het gesê hulle wag sedert Julie reeds dat vakante poste bekend gemaak word.
“Ons wag te lank vir die poste. En ons het nie bemarking gestudeer nie, ons het onderwys gestudeer. Ons kan nie by enige plek vir werk aansoek doen nie,” het sy gesê.
Mweendeleni het gesê daar is ook net 'n handjie vol private skole in die land en almal is nie so gelukkig om daar aangestel te word nie.
Die studente het geweier om die petisie aan mnr. Charles Kabanjani, adjunk- permanente sekretaris, en me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris van die ministerie, te oorhandig.
Hulle het daarop aangedring om dit aan die minister self te oorhandig. Kavihuha het gesê die ministerie moet voor 17 November met 'n oplossing vorendag kom, anders gaan hulle by die ministerie se kantore uitkamp.
Volgens Steenkamp kon Hanse-Himarwa nie self die petisie ontvang nie - daarom het sy Kabanjani namens haar afgevaardig.
Die studente het egter geweier om die petisie te oorhandig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie