Studente kry opleiding by mobiele dierekliniek
Sowat 18 sesdejaarstudente in veeartsenykunde sal hul praktiese opleiding by dié kliniek ontvang, terwyl hulle terselfdertyd ook 'n gemeenskapsdiens aan behoeftiges sal lewer.
Tanja Bause
Die Universiteit van Namibië (Unam) en Baines VetCare Mobile Animal Clinic het 'n samewerkingsooreenkoms vir die ontwikkeling en opleiding van veeartsenystudente onderteken.
By dieselfde geleentheid is 'n mobiele dierekliniek (MAC), 'n vennootskap tussen dr. Ian Baines en Unam, van stapel gestuur.
Sowat 18 sesdejaarstudente in veeartsenykunde aan Unam sal hul praktiese opleiding by dié kliniek ontvang, terwyl hulle terselfdertyd ook 'n veeartsenykundige gemeenskapsdiens aan behoeftige gemeenskappe sal verskaf.
Volgens mnr. Frednard Gideon, waarnemende visekanselier van Unam, sal die mobiele kliniek as opleidingsplatform vir studente dien wat gekies het om 'n loopbaan te volg waar hulle na diere omsien.
PRAKTIESE ONDERVINDING
“Veral die sesdejaarstudente sal saam met die MAC reis as deel van hul kliniese rotasies. Hulle sal aan 'n groot verskeidenheid diere blootgestel word. Hulle sal ook ondervinding in rekordhouding, steriele voorbereiding, narkosetoediening, chirurgie en die herstel van pasiënte opdoen,” het hy gesê.
Tans word 35 diere daagliks by die mobiele kliniek gesteriliseer en gekastreer.
Diere word ook ingeënt en teen inwendige en uitwendige parasiete behandel.
As deel van hul opleiding, sal studente gemiddeld 20 diere per dag opereer.
“Dit is minder as wat ons gewoonlik doen, omdat ons die studente moet oplei. Ons sal egter steeds 100 diere per maand opereer,” het dr. Anna Marais, adjunkdekaan van die universiteit se veeartsenykundeskool, gesê.
Die Baines VetCare Mobile Animal Clinic is die afgelope 18 maande op 17 dorpe landswyd werksaam.
Hulle opereer honde en katte verniet in gebiede waar laeinkomstegemeenskappe nie toegang tot veeartsenykundige dienste het nie.
Dr. Ian Baines, tans 'n dosent by die veeartsenykunde-fakulteit, het gesê dit is 'n wonderlike geleentheid om studente op te lei.
“In my 26 jaar as private veearts het ek al meer gesien hoe ons spesialiseer en hoe dit al duurder vir die man op straat word.
“Kinders sterf aan hondsdolheid en wurminfeksies neem toe. Dit is alles voorkombaar. Ek hoop die studente sien die behoefte om terug te ploeg en gemeenskapsdiens te doen,” het Baines gesê.
“Gewoonlik doen studente een of twee operasies in hul finale jaar, maar deur middel van die mobiele kliniek sal die studente die geleentheid kry om sowat 20 operasies uit te voer. Hulle sal uiters goed opgelei wees,” het Marais gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie