Studente koop kos, deel uit

17 June 2020 | Mense
Tanja Bause – Twee studente van die ­Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), hul familie en vriende het verlede naweek aan ­minderbevoorregte kinders in die Vyfrandkamp- informele nedersetting van ­Okahandja kos gegee.

Me. Angelique Fischer van Angelic Events en mnr. Winslau Samaria van Born to Change was die dryfkrag agter die projek. Hulle het die kos ook uit hul eie sak aangekoop.

“Angelique se familie en vriende het vroeg Sondagoggend bymekaar­gekom en begin kook. Ons het die kos Vyfrandkamp toe gevat en aan sowat 50 kinders uitgedeel,” het mnr. Jazine Fischer, 'n vrywillige helper, gesê.

Hulle het ook maskers uitgedeel en elke kind se hande is gewas voordat hulle die kos ontvang het.

“Ons sal dit graag weer wil doen, want die nood daar is baie groot, maar ons kan dit nie sommer gou weer uit ons eie sak bekostig nie. Daar was baie mense wat kos en skenkings belowe het, maar ons wag nog om dit te ontvang. Ons het net besluit ons kan nie langer wag nie en het voortgegaan, want die mense is nou honger,” het Fischer gesê.

Angelic Events is 'n besigheid wat ­geleenthede beplan.



PLOEG TERUG IN GEMEENSKAP

“Ons doel is om aan 'n kliënt se ­buitengewone idees lewe te gee en waar te laat word. Ons kan enige geleentheid beplan en 'n sukses daarvan maak,” het Angelique Fischer gesê.

Born to Change is 'n vereniging wat op vrywillige grondslag ondersteun word in hul doel om op ­verskillende maniere in die gemeenskap terug te ploeg. “Ons wil teruggee; ons wil die jeug in leiers help ontwikkel en ons ­bejaardes waardig laat voel,” het Samaria gesê.

Die jongmense is van plan om weer kos en maskers in die nabye toekoms te gaan uitdeel. - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...