Studente kán terugkeer SA toe ná breek
Mariselle Stofberg en Michelline Nawatises – Groot kommer heers onder ouers van studente wat tans in Suid-Afrika studeer oor die moontlikheid dat universiteite in die buurland Namibiërs weens die Covid-19-pandemie ná die huidige reses toegang tot dié instellings sal weier.
Mnr. Louis Jacobs, woordvoerder van die Noordwes Universiteit (NWU), het bevestig studente sal wel kan terugkeer.
NWU se reses duur van 17 tot 29 Maart, en gradeplegtighede is tot verdere kennisgewing uitgestel.
“Die omstandighede rondom die virus verander voortdurend en studente sal op hoogte daarvan gehou word. Indien die regering grense in die toekoms sluit, sal ons nie beheer hê oor studente wat die land nie kan binnegaan nie,” sê Jacobs.
Mnr. Martin Viljoen, mediabestuurder van die Universiteit Stellenbosch (US), het ook bevestig geen spesifieke maatreëls is getref om te keer dat Namibiërs ná die reses terugkeer nie.
Gerugte doen die ronde dat alle grensposte tussen Namibië en Suid-Afrika gesluit is. Dit is vir nou onwaar.
Grensposte wat oop is, sluit in Vioolsdrif by Noordoewer op die B1/N7-roete van Kaapstad af, Nakop by Ariamsvlei op die B3/N10-roete van Upington af en Mata-Mata in die Kgalagadi-oorgrenspark.
“Geen spesifieke reëlings is vir Namibië getref nie. Die beste gaan natuurlik wees om met die ambassade daar te praat, maar die inligting hier is dat nuus oor grense wat sluit fopnuus is. In dié stadium is Namibië nie op die gevaarlys nie.”
Volgens Viljoen kan grense in die toekoms sluit, waarna studente nie na die land sal kan terugkeer nie, “maar dit is buite die universiteit se beheer”.
Die US se tweede kwartaal sal op 30 Maart met aanlyn lesings afskop.
Viljoen sê graduandi wat gradeplegtighede in Maart en April sou bywoon, sal hul kwalifikasies in absentia ontvang.
Hulle sal wel die geleentheid kry om gradeplegtighede in Desember by te woon indien moontlik.
Graduandi sal binnekort per e-pos ingelig word oor die praktiese reëlings om hul dokumente te bekom.
– [email protected]; [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie