Stryd oor Omeya duur voort
Stryd oor Omeya duur voort

Stryd oor Omeya duur voort

Ontevrede huiseienaars is van plan om hul griewe vandeesweek in die openbaar te onthul.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die afslaers wat verlede week sowat 90 erwe, huise en kommersiële eiendomspersele geleë op Omeya, 'n gholflandgoed en woonbuurt suid van Windhoek, moes opveil, het gister gesê hulle is tevrede met die aanbiedinge wat ontvang is.

Aucor Namibia het die veiling behartig.

Aucor het beweringe uit die kamp van ontevrede inwoners ontken dat geen eiendom glo verkoop is nie. By navraag is verneem dat Aucor gelukkig met die verloop van die veiling is, maar Republikein se vrae is vir volledige antwoorde aan die afslaers se kliënt, mnr. Daniel Terblanche, gestuur. Besonderhede oor die veiling se opbrengs word dus nog ingewag.

Terblanche is as direkteur van die Omeya-huiseienaarsvereniging (Ohoa) en die Omeya Gholf- en Residensiële Oase (Ogro) aangestel op versoek deur die grootste skuldeiser, Bank Windhoek, vir geregtelike sakeredding. Dit nadat die vorige direksie van Ohoa die genader het om die onderneming te likwideer.

Terblanche hou voet by stuk dat ontevrede huiseienaars se belange nie benadeel sal word nie. Die groep wil die week hul griewe verder neem.

“Die aanvaarding en toepassing van die herstruktureringsplan sal die skikking van eise teen die ontwikkelaar buiten die deur FNB en Bank Windhoek moontlik maak," het hy aan Republikein verduidelik. "Dit sal die banke se blootstelling verminder en uiteindelik die likwidering van die ontwikkelaar vermy," sê Terblanche. "Die voorkoming van likwidasie van die ontwikkelaar sal huiseienaars bevoordeel.”

Sonder 'n reddingsplan sal die ontwikkelaar, spesifiek die Omeya Infrastruktuurmaatskappy (OIC), volgens Terblanche gelikwideer word, wat 'n impak op die landgoed se skool, kliniek en die verskaffing van dienste sal hê. Die onderhoud van infrastruktuur sal volgens hom dan bedreig word, eiendomswaardes sal verminder en pensioenarisse kan 'n gedeelte van hul beleggings verloor.

Terblanche het ontken dat nuwe huiseienaars groter heffings as bestaande huiseienaars sal betaal. Hy het ook weer gesê bestaande eienaars sal nie gemelk word om skuld te delg nie. “Die bedrag van die heffings betaalbaar deur bestaande huiseienaars sal na die implementering van die herstruktureringsplan dieselfde wees as voor die plan. Soos in die verlede die geval was, sal heffings in die toekoms aan normale, jaarlikse inflasionêre verhogings onderhewig wees,” sê hy.

Volgens Terblanche sal heffings nie net gebruik word om skuld te delg nie. Die ontwikkelaar betaal volgens hom as eienaar van die meeste van die onverbeterde erwe ingevolge bouklousules 'n boete, wat ’n inkomste vir die huiseienaarsvereniging is..

Opbrengste uit die veiling sal volgens Terblanche gebruik word om skuld te delg, vir die voltooiing van Omeya se ontwikkelingsplan en om die sukses van die ontwikkeling as geheel te verseker.

’n Groep van 35 ontevrede huiseienaars het reeds ’n prokureur genader en op 10 November vrae aan Terblanche gestuur wat hy volgens hulle nog nie beantwoord het nie. Van die griewe sluit in 'n moontlik konflik in belange by die vier direkteure, wat op die direksies van beide Ohoa en Ogro dien; of direkteure van Suid-Afrikaanse afkoms oor werkspermitte beskik en die geldigheid van die direkteur se aanstelling.

Die groep beweer 221 uit 384 huiseienaars wat heffings betaal, is ontevrede met die reddingsplan. Gegriefdes wil insae hê in Ohoa se bankrekening en hulle eis onder meer besonderhede oor inkomstes en uitgawes. Hulle bevraagteken tariewe vir elektrisiteit en water, en soek steeds bewyse dat die landgoed self die dienste mag lewer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.30/OZ UP +0.20% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.34% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.30/OZ UP +0.20% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.34% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048