Stropers met sewe olifanttande gearresteer

Volgens die jongste wildmisdaadverslag is tien mense in Namibië tussen 6 en 17 Julie in hegtenis geneem in verband met agt sake van wildstropery.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Twee mense is op Katima Mulilo en Kahenge met altesaam sewe olifanttande in hul besit betrap, terwyl nog twee mense gevang is toe hulle onderskeidelik luislangvelle en krokodilvelle van die hand wou sit.

Volgens die jongste wildmisdaadverslag is tien mense in Namibië tussen 6 en 17 Julie in hegtenis geneem in verband met agt sake van wildstropery, of omdat hulle in besit van wildprodukte van beskermde wild was.

Verder is vermeende stropers betrap nadat hulle twee vlakvarke, 'n gemsbok en 'n impala op onderskeidelik Outjo en Sangwali gejag het, terwyl 'n lewende ietermago in 'n vermeende stroper op Hochfeld se besit gevind is.

Dit volg nadat vier verdagtes die afgelope Maandag in hegtenis geneem is toe hulle met vier renosterhorings in 'n minibus betrap is. Hulle was op pad na Opuwo, vanaf Kamanjab op die Werda-pad.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die geval bevestig en bygevoeg Namibië versterk sy stryd teen stropery en ander wildmisdade “tot op die punt waar 'n arrestasie vir elke renosterstropingsaak gemaak is”.



TEENSTROPINGSEENHEDE

Intussen het verskeie private wildstropingseenhede aan Republikein gesê hulle kan nie voorbly met die vastrek van wild- en veestropers nie.

Windhoek K9 Academy se mnr. Rickus Spangenberg sê wildmisdaad het die afgelope maande drasties toegeneem en die stel van draadstrikke, om te jag met honde of van die pad af met 'n knaldemper op gewere, is aan die orde van die dag.

Hy voorsien nie dat daar gou 'n einde aan diefstal op plase gaan kom nie, veral nie met Covid-19-inperkings wat al hoe meer mense werkloos en honger laat nie.

Nog een van die land se grootste teenstropingseenhede, Nyime, se mnr. Stephen Weyand sê hulle het ook die afgelope tyd 'n toename in misdaad op plase ervaar, veral as dit kom by die stel van strikke en stroping van wild en vee.

Hy sê veral op plekke waar teenstropingseenhede bedrywig is, is die misdaad onder beheer.

Die uitvoerende hoof van Intelligence Support Against Poaching (Isap), mnr. Fritz Kaufmann, sê die hele land is tans onder druk as dit by misdade op plase kom, met veral die Otjozondjupastreek waar “baie dinge aan die gang is”.

Kaufmann stem saam oplettendheid en waaksaamheid is die beste verweer teen misdaad. “Grondeienaars, let op na vreemde motors wat rondry, neem hulle registrasiemerke. Laat weet jou bure as jy vreemde voertuie opmerk,” sê hy.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!