Streeksowerhede nou verantwoordelik vir waterverskaffing, sanitasie
Streeksowerhede sal voorts self besluite maak oor onder meer die identifisering van plekke wat waterbergingsdienste benodig, pyplynverlengings en kaartfasiliteite.
Die ministerie van landbou, water en bosbou se waterverskaffing- en sanitasiekoördinasie-funksie sal voorts op streeksvlak hanteer word.
Die funksies onder meer die identifisering van plekke wat waterbergingsdienste benodig; pyplynverlengings; kaartfasiliteite; registrasie van nuwe waterpunte; onderhoud- en herstelwerk; inspeksie sowel as administrasie.
Tydens die oorhandiging van die funksies aan 13 streeksrade op Donderdag 18 Oktober, het minister Alpheus !Naruseb gesê ingevolge die beleid op desentralisering in 2007 is besluit om die landelike waterverskaffing- en bosbousektore te desentraliseer.
Die Khomasstreek is hierby uitgesluit omdat die streek se landelike gebiede nou onder kuratorskap van die Windhoek-munisipaliteit val.
!Naruseb het gesê sedert die beleid in 2007 deur die kabinet goedgekeur is, het die ministerie aan alle modaliteite en prosesse gewerk om dit te implementeer. Weens sekere uitdagings kon die funksies egter nie onmiddellik oorgedra word nie.
Hy sê die uitdagings, wat reeds getakel is, het ingesluit om genoegsame personeel op streeksvlak aan te stel om doeltreffende dienslewering te verseker, asook die herstel en bou van genoeg kantore en die takeling van swak waterverskaffingsinfrastruktuur in alle landelike gebiede.
“Die ministerie is vasberade om ope ontlasting te verminder deur sanitasiefasiliteite in landelike gebiede te bou en gedragsveranderinginisiatiewe deur gemeenskappe te verskerp, waarin gemeenskappe gehelp word om hul eie fasiliteite te bou. Dié funksie is nou na streeksrade gedelegeer.”
Hy het gesê vir die regering en sy organe om sy maandaat te vervul ten einde doeltreffende waterverskaffing en sanitasiekoördinasie oral oor die land te verseker, moet behoorlike koördinasie tussen belangegroepe plaasvind. Verder is die omsigtige, doeltreffende en effektiewe benutting van hulpbronne nodig, asook beplanning, implementering en die monitor hiervan.
In ‘n toespraak wat namens hom by die geleentheid voorgelees is, het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Peya Mushelenga gesê die groei en desentralisering verbeter deelnemende demokrasie asook dienslewering - deur die betrokkenheid van plaaslike gemeenskappe.
“Die doeltreffendste manier om te dien en meer aanspreeklik teenoor mense te wees, is deur die regering nader aan mense te bring,” het Mushelenga gesê. – NAMPA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie