Strategiese belyning gelyk aan ry op die pad terwyl jy bou

06 April 2021 | Landbou
Blootstelling aan nuwe denke en inligting is lewendig en aaneen – verskillende sosiale media ding aggressief mee om jou tyd (en dalk ook geld).

Fopnuus en verdraaiing van werklikhede, klad sigbaarheid vir doeltreffende beplanning, want tyd moet afgestaan word aan die sif en weeg van nuus.

Ten einde op koers te kan bly en sonder die gerief van rusbank rustigheid om verskillende moontlikhede te kan oorweeg, verg strategiese belyning die bou van die pad terwyl jy daarop loop.

Die goeie nuus is egter dat sulke stappe ook stelselmatig kan wees. Hiervoor is 'n 5-stap proses nodig wat betreklik eenvoudig is, maar waarvan die uitkoms sal afhang van die diepgang van assessering en die eerlikheid betrokke.

Die besigheid, en hieronder tel die plaas, se vertrekpunt is die stel van 'n visie – waarheen die besigheid gelei moet word deur 'n duidelike beeld van waar jy wil wees.

Posisioneer jou daar (dis die onbekende, maar 'n versinnebeelding van waarna gestrewe word) en kyk terug na waar jy nou is. Met die gedagte daaraan dat jy die besigheid wil lanseer na die droom of visie, maar dat dit heel waarskynlik vanaf 'n los klip sal wees. Besin dan wat dit sal vat om te kom waar jy wil wees.

Prosesmatig sien die 5-stap benadering soos volg daaruit. Begin deur doodseker te maak waar jou besigheid hom bevind – dis nou ná 'n droogte en te midde van 'n pandemie. Maak tweedens moeite oor wie en wat jy/jou besigheid is en bevestig waarheen daar gemik word. Derdens moet moeite gemaak word met die hoe om te kom waar jy wil wees om vierdens die reis aan te pak. Vyfdens moet jy meet om te weet.

As jy net uit Windhoek wil padgee, is daar vier windrigtings, maar jy sal moet kan verduidelik hoekom jy Gobabis om wil ry na Outjo. Dis moontlik, maar onsinnig en jy moet vroeg op die reis vasstel of jy in die regte rigting beweeg en nie net of jy beweeg nie. Die sirkel is dan voltooi, maar daar eindig dit nie.

Wanneer doelwitte bereik word, behoort die volgende proses van belyning aangepak te word met nuwe vuur en ywer. Daar kom nooit 'n einde daaraan nie, want dan stagneer die besigheid. Dit op sigself is die voorloper van die uiteindelike dood van die besigheid.

Kortom, die visie word die teiken en die strategie neem die besigheid na die teiken. Die struktuur van die besigheid maak strategie-implementering moontlik en die begroting finansier die proses.

Strategie bly die oorhoofse bedoeling, maar dit is die taktiese vermoëns wat slaggate vermy, rem teen afdraandes en vet gee waar nodig. Nog twee aspekte is van belang, naamlik uitvoering en aanpassing. Oorlewing en groei verg intydse uitvoering, maar aanpassings vir wat mag kom, is minder gefokus en dringend.



SKOKBREKER

Twee belangrike dimensies ten opsigte van uitvoering is van belang.

Die een is meer pragmaties van aard met klem om dinge beter en goedkoper te doen – dus optimalisering. Aan die ander kant is daar 'n sogenaamde strategiese dimensie wat skerp fokus op transformasie deur dinge anders te doen.

Balans tussen die twee dimensies is belangrik, maar veral omdat dit wegstuur van die volg van die weg met die minste weerstand – die spreekwoordelike dekstoele wat reggeskuif word op die Titanic.

So 'n benadering sal as skokbreker kan dien vir wat die pandemie op die pad gebring het en nog gaan bring. Daar word vry algemeen gewoeker met die nuwe normaal en die verwarrende deel daarvan, is dat daar al verskeie sogenaamde nuwe normale gestel is. Eerlike besinning oor hoe daar oor sake gedink word, is nou nodig, want navigasie in dié onbekende is moeilik en uitdagend.

Verby is die dae wat komplekse uitdagings afgebou is tot meer verstaanbare onderdele. Ons sal spreekwoordelik moet opdink en wyer dink om opsies te verbreed. Tot voor die pandemie was dit praktyk om terug te val tot bekende standaardprosedures en so die waarskynlikhede te bestuur. Nou is die lei van die moontlikes die aangewese.

Daar moet dieper na moontlike oplossings gedelf word, want groter onsekerheid is aan orde.

Wat beteken dit alles? Tegnies is hierdie nie onbekende vaarwater vir boere nie. Hulle weet van beplan en uitvoer te midde van onsekerheid. Hulle strategiese fiksheid het die ekonomie in stand gehou en 'n verdieping van die resessie gekeer. Die landbou kan nou hand uitsteek om ander bedrywe te help om aan 'n draaistrategie uitvoering te gee.

Soortgelyk

 

Jong dokter verskyn vir verkragting

3 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

15 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

15 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

15 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...

Gondwana se saak 'nie dringend'

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg – Hoërhofregter Kobus Miller het gister in die Windhoekse hoërhof beslis dat Gondwana Namibia Collection se versekeringseis vir sakeonderbreking teen Hollard Namibia nie...

Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem. Dit volg nadat die...