Strategie, opsies vir 2020 verkiesing onder die loep

16 June 2020 | Regering
Jana-Mari Smith

Politieke partye sal vandag met die Namibiese Verkiesingskommissie (ECN) vergader om die pad vorentoe vir streekrade en plaaslike owerheidsverkiesings vir 2020 te bespreek en om onder andere ’n strategie vir verkiesings te midde van die Covid-19-pandemie te vind.

Mnr. Theo Mujoro, hoofverkiesingsbeampte van die ECN, het gister bevestig dié vergadering sal plaasvind.

Volgens hom is die ECN tans met rolspelers in verkiesings in gesprek gewikkel oor die implementering van Covid-19-maatreëls tydens die komende verkiesings.

“Ons rolspelers bestaan tans uit geregistreerde politieke partye, verenigings en organisasies, en die belangrikste – die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste,” het hy verlede week gesê.

Die ECN verwag om die eerste besprekke teen die einde van dié week af te handel, waarna meer volledige inligting beskikbaar sal wees oor die verkiesing wat later vanjaar plaasvind.

Mnr. Ndumba Jonah Kamwanyah, ’n politieke kommentator, sê die besprekings moet die “nuwe normaal wat die pandemie meegebring het” in ag neem.

Hy waarsku die pandemie, sowel as die maatreëls wat daarop gevolg het, kan “ernstige gevolge vir die komende verkiesings en ons demokrasie inhou.”

Die aandeelhouers wat by die verkiesingstrategie betrokke is “moet versigtig ons land en verkiesingsliggaam se vermoë om die verkiesings te hou, balanseer teenoor die gesondheid van Namibiërs sowel as die betroubaarheid van die stemproses,” het hy beklemtoon.

KRITIEKE GESPREKKE
Verteenwoordiger van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), mnr. Joseph Kauandenge, sê die party se eerste prioriteit tydens die besprekings is om uit te vind hoe gereed die ECN is om Namibië voor te berei vir die verkiesings tydens die noodtoestand.

Hy het gesê die ECN moet kan verduidelik hoe kiesers ingelig gaan word en of genoeg tyd (nie minder as twee weke nie) gegun sal word vir die registrasieproses.

Kauandenge sê die gesondheidsministerie se insette is noodsaaklik in dié proses.
Indien die pandemie tot die herinstelling van fase 1 lei, is daar ’n moont¬likheid dat die verkiesings uitgestel kan word, het hy gewaarsku.

Indien die verkiesings weens omstandighede uitgestel word, “moet dié besluit nie ligtelik geneem word nie, want die land se demokrasie kan ’n knou kry. Dus, as die omstandighede dit toelaat, sou ek sê ons moet met die verkiesings voortgaan,” het hy gesê.

BEWYSE OP SKRIF
’n Verklaring wat deur die Popular Democratic Movement (PDM) uitgereik is, sê politieke partye moet so ver as moontlik voor die verkiesings toegelaat word om op groot skaal interaksie met kiesers te hê. Hulle vra ook dat kiesers se regte deur alle partye in ag geneem word.

Die PDM sê kiesers moet tydens die proses gehoor gee aan die regering se veiligheidsmaatreëls. Dit sluit in ’n maksimum van 50 mense by stemlokale wat sosiale afstand handhaaf, asook die dra van maskers en ontsmetting van hande.

VERKIESINGSPORE
Kamwanyah het gesê die gebruik van stembriewe tydens die komende verkiesing sal “’n mate van sekerheid en beheer oor die proses verseker,” eerder as om elektroniese stemmasjiene (EVM’s) sonder papierspore te gebruik.

Hy het beklemtoon Nudo was nooit ten gunste van die gebruik van EVM’s nie, “so as hulle nie papierspore kan verskaf nie, is stembriewe die enigste opsie, al neem dit meer tyd in beslag.”

Die PDM het beklemtoon hulle gaan op die implementering van EVM’s met ’n nagaanbare papierspoor aandring.

“Ons glo die ECN het genoeg tyd gehad om die nagaanbare oudit-papierspoor (VVPAT) aan te skaf ná die hooggeregshof se beslissing dat verkiesings sonder VVPAT strydig met die verkiesingswet is.”

Mujoro kon nie bevestig of VVPAT met EVM’s of stembriewe gebruik gaan word nie. Hy sê meer inligting sal ná dié week se besprekings be-skikbaar wees.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

6 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

6 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

9 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

9 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

10 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

20 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

20 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...