Strandwolwe kry nekbande
Strandwolwe kry nekbande

Strandwolwe kry nekbande

Die strandwolfprojek doen wetenskaplike navorsing oor karnivore in hul natuurlike habitat om langtermynbewaring te verseker.
NAMPA
Die navorsingsprogram oor strandwolwe, die Brown Hyena Research Programme (BHRP), het strategieë vir die bewaring van bruinhiënas begin ontwikkel.

Volgens die program se stigter en bestuurder, dr. Ingrid Wiesel, is N$250 000 verlede jaar op hul daaglikse werksaamhede bestee.

Die projek het ten doel om wetenskaplike navorsing oor strandwolwe en ander karnivore in hul natuurlike habitat te doen om die langtermynbewaring en -oorlewing van vrylopende strandwolwe te verseker.

Volgens Wiesel het Namibië ’n bevolking van minder as 3 000 strandwolwe, ook bekend as strandjutte, waarvan die meeste in die Suide en langs die kuslyn gevind word.

Toe die projek van stapel gestuur is, was daar 1 500 vrylopende strandwolwe in dié gebiede.

Wiesel het gesê hoewel die projek uitstekend vorder, ervaar die navorsingspan verskeie uitdagings.

“Dit sluit uiterste weerstoestande in, so ons moet baie buigsaam wees wanneer dit by die beplanning van veldwerk kom,” sê sy.

“Die kusklimaat dra ook by tot uitdagings met toerusting, veral met die opstel van kameras.”

Vanjaar sal twee wyfies by Atlasbaai en E-Bay na verwagting met satellietnekbande toegerus word, asook twee diere by Bakersbaai, sê Wiesel.

“Ons moet ook baie van ons kameras vervang. Die kameras word al langer as 10 jaar gebruik en dit raak moeilik om hulle te diens,” sê sy.

Wiesel sê navorsing oor strandwolwe en die bewaring van die unieke strandwolfbevolkings in die Namibwoestyn het in 1995 begin en sedertdien in ’n langtermynbewaringsporjek ontwikkel.

Die BHRP is in 1997 as klein navorsingsprojek begin. In 2002 is ’n nieregeringsorganisasie en in 2009 ’n trustfonds gestig.

Die projek word geborg deur Namdeb Diamond Corporation, Kansas City Zoo, ESRI Technology Conservation, Go Green, the Namibian Environment and Wildlife Society en Varta Namibia. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!