'Stop onderhandelinge met Duitsland oor rdie volksmoord'
'Stop onderhandelinge met Duitsland oor rdie volksmoord'

'Stop onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord'

Ovaherero- en Nama-gemeenskappe sê die huidige onderhandelinge tussen die Namibiese en Duitse regerings het nie genoeg integri­teit om die nodige vergoedings­maatreëls teweeg te bring nie.
Gerine Hoff
Catherine Sasman



Die opperhoof van die Ovaherero, adv. Vekuii Rukoro, het erken die Namibiese regering is bereid om sy benadering tot die bilate­rale volksmoord-onderhandelings met die Duitse regering te hersien.

Rukuro het ná ''n onlangse informele vergadering met pres. Hage Geingob gesê hy het rede om te glo die Namibiese regering is bereid om ''n ommekeer te oorweeg oor die wyse waarop die onderhandelinge tans gevoer word.

Hy beweer meer as 90% van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe – diegene wat direk deur genl. Luther von Trotha se uitwissingsbevel geraak is – deur hom as opperhoof van die Ovaherero asook deur die Nama Tegniese Komitee verteenwoordig wil wees.

Rukoro het gesê die huidige Namibiese onderhandelingspan bestaan onder andere uit twee kleiner groepe Ovaherero''s en Namas wat met die regering “saamwerk” en die regering se voorwaardes aanvaar “om nie namens hulself te praat of om direk aan die onderhandelinge” deel te neem nie.

“Hulle is gekoöpteerde tradisionele leiers wat deel is van tradisio­nele koninklike huise wat stamme en familielede en nie die breër volk verteenwoordig nie. Met alle respek gesê, het hulle dalk 5% se steun onder die Ovaherero''s; op die meeste 2% of 3% onder die Namas,” het Rukoro einde verlede week tydens ''n mediakonferensie in Berlyn, Duitsland, gesê.

Me. Ida Hoffmann van die Nama Tegniese Komitee – wat na haarself as die “stigtersmoeder van die Nama volksmoord-onderhandelings” verwys – het gewag gemaak van die mosie van 2006 wat wyle Ovaherero-opperhoof Kuaima Riruako ter tafel gelê was. Dit was eenparig deur die parlement goedgekeur naamlik dat besprekings tussen die betrokke gemeenskappe en die Duitse regering moet plaasvind terwyl die Namibiese regering slegs ''n bemiddelaarsrol sal speel.

Riruako se mosie erken die volksmoord wat deur Duitse soldate gepleeg is en ondersteun eise deur die geraakte gemeenskappe vir materiële vergoeding deur die Duitse regering.

“Ons volstaan met daardie standpunt; niks het verander nie. As die regering ''ja'' vir die resolusie gestem het, dan moet dit ''ja'' wees,” het Hoffmann gesê.

Die tradisionele leier, Moses Kooper van die Namas, het gesê Namibië se huidige posisie oor die onderhandelings het “geen integriteit” om die “gepaste vergoedingsmaatreëls” te beding nie.

Die mediakonferensie in Berlyn is deur die Linkse Party gereël wat eis dat die Duitse regering ''n drieparty-dialoog tussen die afstammelinge van die slagoffers van die volksmoord en die twee regerings moet hou.

“Alle kwessies moet openlik onderhandel word met die deelname van die slagoffers se verteenwoordigers. Dit sluit uitdruklik die onderwerp van vergoeding in,” het me. Niema Movassat van die Linkse Party gesê,



VERSKONING NIE GENOEG

Rukoro het by dieselfde mediakonferensie beklemtoon dat ''n verskoning vir die volksmoord deur die Duitse regering nie genoeg is nie, en gesê dat vergoeding nie aan individue gemaak moet word nie, maar aan gemeenskappe wat daardeur geraak is.

Die Duitse regering het in die verlede die moontlikheid van vergoedingsuitbetalings uitgesluit – ''n besluit wat Rukoro meen die Duitse belastingbetalers moet verwerp “omdat dit nie net die intelligensie van Namibiërs en afstammelinge van die slagoffers beledig nie, maar ook dié van Afrikane en die mensdom in sy geheel”.

“Net omdat ons ''n ander velkleur het, sê die Duitse regering dit is net ''n ver­skoning werd en die res is ''tjekboek diplomasie'' deur ons regering, wat eintlik maar ''n Derde Wêreldse regering is wat ontwikkelingsbystand kan kry, plus nog so ''n 5% daarby en dan moet ons ons monde hou.

“Raai wat, die Ovaherero en Nama, die slagoffers van die volksmoord, sal dit nie eens in nóg ''n 100 jaar aanvaar nie. Ons oorlog duur voort. Ons eise sal eenvoudig progressief toeneem,” het Rukoro gesê.

Die twee groepe het gesê vergoeding moet deel wees van die onderhandelde herstellende geregtigheid omdat die volksmoord armoede vir geslagte lank geskep het wat vandag nog voortsleep. Daarby sê hulle omdat hul getalle weens die volksmoord uitgedun is, word hulle vandag as ''n minderheidsgroep deur die Namibiese regering behandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026