Stop grondhervormings, vra opperhoof
Stop grondhervormings, vra opperhoof

Stop grondhervormings, vra opperhoof

'n Tradisionele owerheid waarsku teen die gejaagde hantering van die grondhandves.
Gerine Hoff
Catherine Sasman - Adv. Vekuii Rukoro, die opperhoof van die Ovaherero tradisionele owerheid (OTA), het die minister van grondhervor­ming, mnr. Utoni Nujoma, gevra om die afsnypunt vir voorleggings vir die voorgestelde grondhandves te verleng.

Rukoro het gevra dat dit verleng word tot na die tweede nasionale grondkonferensie, wat na verwagting in September sal plaasvind.

Rukoro het voorgestel dat die ministerie intussen 'n moratorium op alle grondhervormingsaktiwiteite plaas.

Dit sal beteken dat die hervestigingsprogram opgeskort word, die toekenning van grond deur tradisionele owerhede en streeksgrondrade onderbreek word, en dat grondaankope deur die regering vir hervestigingsdoeleindes opgeskort word.

Nujoma het vroeër bepaal dat voorleggings vir die grondhandves tot 15 Januarie gemaak kan word. Die datum het reeds verstryk.

Maar Rukoro en die OTA is bekommerd oor die gejaagde hantering van die grondhandves. Hulle het gesê die grondkwessie is 'n “baie sensitiewe saak met sosiale, ekonomiese en politieke gevolge wat 'n versigtige benadering en strategieë verlang om die wanbalanse van die verlede, hede en toekoms aan te spreek”.

In 'n brief wat op 9 Januarie aan Nujoma oorhandig is, is gesê die afsnypunt van 15 Januarie is te kort en dat te min tyd vir belanghebbendes gegee is om weldeurdagte insette te lewer.

Volgens die brief het die voortslepende droogte, wat beide kommersiële en kommunale boere laat sukkel om kop bo water te hou, veroorsaak dat belanghebbendes te min tyd gehad het om insette op nedersetting- en nasionale vlak te bedink.

Die OTA het gesê genoeg tyd moet gegee word vir behoorlike konsultasies voor die nasionale grondkonferensie en dat die finalisering van die grondhandves voor dié konferensie sou wees soos om die wa voor die osse te span.

Die groep het voorgestel dat breedvoerige konsultasies eers op voetsoolvlak gedoen word lank voor die konferensie begin.

“Gevolglik sal die finalisering van die grondhandves relevant wees, aangesien dié mense wat geraadpleeg is, se ondervinding, insette en idees die basis sal wees van die formulering en aanneming van resolusies vir die finale grondhandves,” het OTA gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A