Stokvel steier

Namibiërs sien rooi

22 May 2020 | Bankwese
Denver Kisting – Enkele ure nadat Republikein berig het oor ’n WhatsApp-stokvelskema wat in die Bank of Namibia (BoN) se visier was, het die sentrale bank aangekondig die stokvel is onwettig.

Die BoN sê by monde van sy direkteur: strategiese kommunikasie en finansiëlesektorontwikkeling, dr. Emma Haiyambo, die sentrale bank het ’n onafhanklike ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie navrae oor die wettigheid van die skema hulle bereik het.

Sy sê hul bevinding is die R200 WhatsApp Stokvel is ’n piramideskema. Dit is strydig met die Wet op Bankinstellings, lui hul bevinding.

Volgens Haiyambo berus dié bevinding daarop dat deelnemers aangemoedig word om ander deelnemers te werf voor hulle vir die beloofde N$1 200 in aanmerking kan kom.

Hiernaas, sê sy, vorder die skema geen inkomste in deur die verkoop van ’n produk of ’n diens nie. “Die aansluitingsfooi van N$200 wat deur nuwe deelnemers betaalbaar is, is die enigste bron van inkomste vir die R200 WhatsApp Stokvel.”

Daardie aansluitingsfooi word gebruik om deelnemers boaan die skema te vergoed, sê sy. “Dus, sodra die werwing van nuwe lede ophou, sal die deelnemers onderaan die skema nie die beloofde inkomste van N$1200 kry nie.”

Haiyambo waarsku Namibiërs om dadelik deelname aan die skema te staak. Sou hulle nie onmiddellik aan dié versoek gehoor gee nie, sál die BoN stappe doen, maan sy.

Sou iemand voor ’n hof gedaag en skuldig bevind word, staar ’n boete ten bedrae van N$1 miljoen en/of tien jaar gevangenisstraf dié mens in die gesig, het sy Woensdagmiddag benadruk.

Indien lede van die publiek enige verdere navrae het, moet hulle hul tot die BoN wend.

Intussen is die nuus oor die onwettigheid van die stokvel deur talle in die sosiale media met skok en woede begroet.

Een Facebook-gebruiker nooi die owerhede uit om eerder hul visier in te stel op die beweerde grootskaalse plundering van die land se hulpbronne soos met die Fishrot-skandaal, waartydens Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene dollar glo deur politieke grootkoppe gekaap is.

Mnr. Kazembire Zemburuka, die BoN se adjunkdirekteur: korporatiewe kommunikasie, het vroeër vandeesweek gesê ’n stokvel is in die algemeen nie onwettig nie, maar ’n skema om blitsvinnig ryk te word, is wel.

“Tradisioneel is ’n stokvel soos ’n klub waarvolgens ’n groep vriende of mense met ’n gemeenskaplike doelwit en informeel besluit om hul geld saam te gooi ten bate van alle lede van die klub. Dikwels sal lede na ’n bank toe gaan en ’n rekening open of die geld vir kruideniersware gebruik of dit net insamel en (aan die einde van) elke maand onttrek.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

45 minute gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...