Steun vir Dagbreek
Land Rover Owners Namibia (LRON) is al vir ’n geruime tyd by die Dagbreek Skool vir verstandelik gestremde kinders in Windhoek betrokke.
Dié groep het onlangs N$30 000 aan die skool se voedingsprogram geskenk as deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.
Dié geld sal aangewend word om kombuistoerusting aan te skaf om voorbereiding van die kinders se etes te vergemaklik.
Die Lewis-winkelgroep het mildelik afslag gebied op die vrieskas, oond, vierplaatstofie, ventilator en groot elektriese kookkan wat LRON aangekoop het.
Die winkelgroep het ook ’n vrieskas, yskas, mikrogolf en agt ketels aan die skool geskenk.
Met die hulp van Bain Marie kon LRON ook ander noodsaaklikhede vir die voedingsprogram aanskaf.
Dagbreek beoog om die kombuis vir gasvryheidsopleiding aan te wend sodra die voedingsprogram op dreef is.
Dit sal bydra tot die getal opleidingsprogramme wat die skool reeds vir leerlinge aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie