Stem sal ek stem
Stem sal ek stem

Stem sal ek stem

Francoise Steynberg
As ek net my kop by die tentflap kan insteek, dan sal ek weer moedskep.

Ek staan al vir ure in die ry om te registreer. Dit is al donker en die windjie waai koel vir Septembermaand. Ek wens ek het ’n baadjie saamgebring.

Die middag toe ek in die ry val, was dit warm en die son het fel geskyn. Ek het my sonhoed en masker op.

Ek is honger. Al wat ek geeëet het, was ’n stuk nat beskuit wat my ma die vorige dag gebak het. Gelukkig het ek vir my ’n sjokoladestafie, koeldrank en water in my rugsak gepak.

Die heerlike reuk wat vanaf die pizzarestaurant dwarrel, laat my maag grom. Ek raak lus vir die koffie wat die koffiewinkel aandra, maar ek weet die kafeïen gaan my die nag wakker hou. Dié twee plekke wat knap voor die Covid-19-pandemie hul deure in die winkelsentrum oopgemaak het, moes swaar tydens die inperkingstyd gekry het. Ek is dankbaar hulle doen goeie sake op registrasiedag.

My rug is seer van die lank staan. Party mense was slim om kampstoele saam te bring. Barmhartige samaritane bied ’n sitplek vir oues en moeës aan.

In die begin het daar vrolikheid en gemoedelikheid in die ry geheers en grappies is gemaak, maar hoe later, hoe kwater.

Uiteindelik steek ek my kop en tone by die tentflap in en ek weet die einde is in sig. Vasbyt!

Die verkiesingsbeamptes raak aan die skarrel en beveel ons om weer uit die tent te beweeg en tru te staan. Hulle dra nóg ’n tafel en rekenaar in die tent in.

My moed sak in my skoene toe ons uit die tent uit moet tree. Niemand se grappies is meer vir my snaaks nie en ek is lus vir ’n bier.

Die tafel pas nie in die tent nie en dit word langs die gimnasium staangemaak. Die beamptes soek verlengingskabels en die eienaar van die gimnasium is so gaaf om sy kragpunt te verskaf.

Ons wat in die tent was, maak ’n nuwe ry by die tafel langs die gimnasium. Ek staan heel voor in die koor en my opgewondenheid vat weer vlam.

Uiteindelik is die rekenaar en drukker opgestel en die beampte roep my. Ek voel soos een wat ’n eerste prys op ’n kerkbasaar gewen het.

Ek gaan sit op die stoel, my vingerafdrukke word geneem en my foto word gekiek. (My foto lyk wel soos een wat ure in ’n ry gestaan het.)

Uiteindelik ná meer as vyf ure het ek my kosbare stemkaart in my hand.

Ek was gelukkig: My swanger kollega het van die oggend vroeg af vir agt ure in die ry gestaan om te registreer. My ander kollega het ná werk in die lang ry ingeval en die oggend halftwee eers by die huis gekom.

Ek is versot op politiek en verkiesings. Sedert ek stemgeregtig is, was ek nog altyd bereid om ver te ry en lank in ’n ry te staan om my kruisie te trek, of soos met verlede jaar se nasionale en presidensiële verkiesing die elektroniese knoppie te druk.

Ek was ’n student aan die Puk tydens Namibië se eerste verkiesing en het al die pad op ’n bus van Potchefstroom Ariamsvlei toe gery om te stem. Die bus was vol Namibiese studente en dit was omtrent ’n vrolikheid op note.

Daar in die hitte van die son het ons ook die hele dag in lang rye gestaan om ons kruisie te trek, maar dit was ’n geskiedkundige oomblik om in dié verkiesing te stem.

As jy nie jou kruisie trek nie, is jy nie ’n goeie landsburger nie en kan jy oor geen kwessie in die land kla nie.

Stem moet ons stem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.74/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.79% | Zinc US$ 2 807.90/T DOWN -0.46% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 942.33/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.74/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.79% | Zinc US$ 2 807.90/T DOWN -0.46% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 942.33/OZ UP +0.25%