Stelsel af wat lugverkeer help monitor
'n Navigeringstelsel wat help met lugverkeerbeheer is afgeskakel omdat dit nie reg werk nie.
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese Burgerlugvaartagentskap (NCAA) het op 1 Maart besluit om die tegnologie af te skakel wat landwyd deur lugverkeerbeheerbeamptes gebruik word om vliegtuie se bewegings te monitor en die lugruim veilig te hou.
Die tegnologie staan bekend as die WAM-stelsel (wide area multilateration). Dit behels 'n tegniek waardeur vliegtuie seine na verskeie seinstasies op die grond stuur sodat hul posisies wiskundig bereken kan word.
Die lugverkeerbeheerbeamptes by lughawens ontvang hierdie data en weet dan waar en op watter hoogtes vliegtuie op daardie stadium in die Namibiese lugruim vlieg, ten einde ongelukke te voorkom.
Me. Angelina Simana, waarnemende uitvoerende direkteur van die NCAA, het dié besluit bevestig.
“Dit is standaardprosedure vir lugvaart-navigasiedienste om 'n hulpmiddel vir lugverkeerbeheer te onttrek as daar kommer bestaan oor die veiligheid daarvan, of wanneer dit nie reg werk nie,” het sy gesê.
“Kommer is uitgespreek dat die nasionale WAM-stelsel nie werk soos dit moet nie en in belang van lugvaartveiligheid is dit afgeskakel sodat die nodige veiligheidsondersoeke gedoen kan word.”
Volgens Simana is die WAM-stelsel 'n betreklik nuwe hulpmiddel vir lugverkeerbeheer en dit ondersteun ander moniteringstelsels.
Volgens haar is die WAM-stelsel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako steeds in gebruik, asook die radarstelsel wat vliegtuie oor 'n afstand van 370 km, of 200 seemyl, vanaf dié lughawe monitor.
Simana het nie verduidelik hoekom die WAM-stelsel steeds by Hosea Kutako gebruik word nie.
Elders in die land moet lugverkeerbeheerbeamptes “die prosedurele metode” gebruik.
Simana het gesê dié metode word deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) aanvaar en “dat dit lugvaartveiligheid in alle lugruimgebiede waar dit toegepas word, waarborg”.
Sy kon nie sê hoe lank die nasionale WAM-stelsel nog buite werking sal wees nie. “Die NCAA werk saam met sy internasionale vennote om die situasie te evalueer,” sê Simana.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie