Steinhoff: 'Skraal kans om geld terug te kry'

Nuwe hoof gee glo samewerking

09 May 2019 | Sakenuus
Elvira Wood



Dit gaan baie hulpbronne en tyd neem om die mense wat na bewering verantwoordelik was vir die ineenstorting van Steinhoff in die hof te kry.

David Loxton, uitvoerende hoof van Africa Forensic and Cyber in Johannesburg, sê gegewe hoe sake tans by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) staan, voorsien hy nie dat 'n substantiewe klag binne die volgende drie tot vyf jaar teen die betrokkenes in die hof aangehoor sal word nie.

“Ek glo adv. Shamila Batohi, die nuwe nasionale direkteur van nasionale vervolging, sal ongetwyfeld probeer om Markus Jooste (voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff) en ander betrokkenes te vervolg.

“Kyk net hoe lank het dit geneem om Schabir Shaik voor stok te kry. Dit het nege jaar geneem. Daardie saak was ook nie naastenby so ingewikkeld soos wat enige saak oor Steinhoff gaan wees nie,” voorspel hy.

Jooste, Ben la Grange, ­voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Stéhan Grobler, voormalige maat­skappysekretaris van Steinhoff, en Dirk Schreiber, voormalige finansiële hoof van 'n Europese filiaal van Steinhoff, en Siegmar Schmidt, voormalige finansiële hoof van Steinhoff Europe, is onder die agt mense wat in PwC se forensiese verslag oor Steinhoff uitgelig is as verdagtes. Hul name is onthul in 'n parlementêre voorlegging.

Shaik is in 2007 aan bedrog en korrupsie skuldig bevind met betrekking tot geld wat hy aan oudpres. Jacob Zuma gegee het. Hy is tronkstraf van 15 jaar opgelê, maar het net twee jaar daarvan uitgedien. Hy is sedertdien op parool weens mediese redes.

“Die probleem is dat daar bloot nie die geld of hulpbronne is om vinnig 'n omvattende forensiese ondersoek oor Steinhoff af te handel nie,” sê Loxton.



GEDUGTE REGSPAN

“In die ideale wêreld, waar hulpbronne en finansiering vir só 'n ondersoek nie ter sprake is nie, dink ek dit sou dit steeds ten minste twee jaar neem net om die nodige ondersoek af te handel wat in 'n hof gebruik kan word.”

Loxton, self 'n advokaat wat voorheen 'n aanklaer was en die forensiese ondersoekeenhede by groot regsfirmas soos Werksmans en Bowmans op die been gebring het, sê hy dink dit sal selfs nog moeiliker wees om Jooste self in 'n hof vas te vat.

“Glo my, Jooste sal ongetwyfeld 'n baie gedugte regspan kan bekostig. Hy is ook 'n baie bedrewe sakeman. Hy sou definitief al sy bates op só 'n manier verskans het dat die kans baie skraal is dat beleggers enige geld van hom persoonlik sal kan terugkry, selfs al word hy skuldig bevind in 'n hof in 'n siviele saak.”

Loxton sê waaroor hy steeds vrae het, is oor hoe beduidende aandeelhouers soos Christo Wiese en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) nié vrae gevra het oor wat by Steinhoff aangegaan het nog voordat die aandeelprys in duie gestort het nie.



SKOKAANKONDIGING

Steinhoff se aandeelprys het oor die afgrond getuimel ná sy skokaankondiging op 6 Desember 2017 dat hy nie sy geouditeerde jaarresultate kan uitreik nie omdat sy eksterne ouditeur, Deloitte, dit nie wou afteken nie.

Loxton sê die bevindinge in die PwC-verslag kan gebruik word om 'n hofsaak teen die betrokkenes van stapel te stuur, maar dit is waarskynlik nie genoeg nie.

“Ek weet nie wat die aanvanklike instruksie aan PwC was oor waarop hy in sy ondersoek moet fokus nie. Die manier hoe 'n ondersoek gedoen word, verskil wesentlik na gelang van of jy bloot wil uitvind wat gebeur het teenoor een waar jy die bevindinge as bewyse in 'n hofsaak wil gebruik.”

Loxton sê dit lyk vir hom of Louis du Preez, die nuwe uitvoerende hoof van Steinhoff, sy samewerking gee wat die ondersoeke betref.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

46 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

46 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

1 uur gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

11 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

11 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

11 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

11 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...