Steinhoff ly verlies van R64 mjd. ná afskrywings
Nellie Brand-Jonker – Die jaarstate van Steinhoff wat om middernag uitgereik is, toon die maatskappy het in die jaar tot einde September 2017 ’n verlies van sowat R64 miljard (€3,9 miljard) gely.
Ook die vergelykende syfer vir 2016 is aangepas en toon ook nou ’n verlies van €237 miljoen.
Vergeleke daarmee het Steinhoff drie jaar gelede toe sy 2016-jaarstate uitgereik is ’n wins vir die jaar van €1,2 miljard getoon.
Die jaarverslag, wat 17 maande laat uitgereik is omdat die ouditeure Deloitte dit nie wou afteken nie weens rekeningkundige ongerymdhede wat opgespoor is en verder ondersoek moes word, beslaan 343 bladsye.
Die verlies is gely nadat die syfers vir 2015 en 2016 heraangegee moes word, en ná verskeie afskrywings.
Die heraangee van die syfers spruit uit die bevindinge van die forensiese ondersoek wat PwC 14 maande geneem het om af te handel.
’n Opsomming van die forensiese verslag is onlangs uitgereik.
In die jaarverslag is herhaal die rekenkundige ongerymdhede handel oor verskeie transaksies wat oor baie jare plaasgevind het onder leiding van ’n klein groepie van die uitvoerende bestuur van Steinhoff en die uitvoerende bestuur van buite, wat tot ’n “wesenlike oordrywing van die wins en bates” van die groep gelei het.
Dié stand van sake is verder vererger deur die feit dat sekere sleutelindividue hulself nie vir ondervraging beskikbaar gestel het nie.
Steinhoff-direksie
“Komplekse, valse en ongerymde transaksies is gesluit met entiteite oor ’n aantal jare, insluitende partye wat nou blyk nie derde party en onafhanklik van die groep en sy uitvoerende bestuur was nie, maar verwant was en daar is aanduidings van beheer deur dié partye.”
Op die voorblad van die jaarverslag word gesê: “Die voorbereiding van hierdie finansiële state was uiters ingewikkeld, veral om die korrekte implikasies vir IFRS (internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde) te bepaal van die rekenkundige ongerymdhede wat oor ’n uitgebreide tydperk plaasgevind het en wat ’n wesenlike aantal entiteite in die groep en buite die groep betrek”.
Die besturende direksie sê “dié stand van sake is verder vererger deur die feit dat sekere sleutelindividue, met die vereiste kennis om die ingewikkelde transaksies te help ontrafel en die gevolglike impak daarvan te help bepaal, hulself nie vir ondervraging beskikbaar gestel het nie”.
“Dit het gelei tot ’n uitgebreide ondersoek, gedetailleerde ontledings en wesenlike oordeel wat deur die besturende direksie uitgespreek moes word oor die resultate vir elke jaar en veral oor die openingsaldo vir 2016.”
Om dit te bereik het die besturende direksie op sy eie interne ondersoeke staatgemaak en op dié van PwC se forensiese ondersoekspan.
“Dit moet uit die staanspoor gestel word dat dit nou duidelik is van die talle ondersoeke wat uitgevoer is dat die rekenkundige ongerymdhede, oor ’n uitgebreide tydperk, die feit verbloem het dat die groep se winsgewendheid gesukkel het.”
Deloitte, wat nie in Desember 2017 die jaarstate wou afteken nie, se verslag begin eers op bladsy 316.
In sy ouditverslag sê Deloitte hy kan nie ’n ouditmening uitreik nie weens wesenlike onsekerhede onder meer oor die aannames wat die besturende direksie maak om te besluit of Steinhoff ’n lopende saak is.
Die jaarstate toon Steinhoff se totale bates beloop einde van die boekjaar €17,5 miljard vergeleke met die herstateerde €21 miljard einde September 2016.
Voorheen is aan die begin van Julie 2015 (die verslagtyd was voorheen tot einde Junie) gerapporteer Steinhoff het totale bates van €23,1 miljard. Dié syfer is nou heraangegee as €14,9 miljard.
2016 se nuwe syfers:
· Voorheen is vir einde September 2016 totale bates van €32,1 miljard gerapporteer. Die grootste rede vir die herstateerde €21 miljard is transaksies met ontasbare bates.
· Voorheen is vir 2016 ’n bedryfswins van €1,79 miljard gerapporteer. Dit is nou ’n herstateerde €278 miljoen.
· Voorheen is ’n wins van €1,4 miljard vir die boekjaar aangemeld. Dit is nou ’n herstateerde verlies van €237 miljoen.
· Drie jaar gelede is gerapporteer Steinhoff het kontant en kontantbronne van €2,8 miljard einde September gehad. Dis nou €687 miljoen. Die grootste rede is die impak van heraangewing op kontant uit bedrywighede wat met €1 miljard afwaarts aangepas is.
· Rente ontvang het ook nie €244 miljoen beloop soos voorheen gerapporteer is nie, maar €53 miljoen.
2017 se syfers
· Die verlies in 2017 is gely ná wesenlike afskrywings van €3,9 miljard, waarvan die grootste €2,7 miljard se klandisiewaarde is.
· Steinhoff het onlangs gewaarsku nog ontasbare bates en klandisiewaarde word afgeskryf tot die waarde van €7,2 miljard. Dit is vergeleke met die herstateerde €10,7 miljard vir einde September 2016. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie