Steenkooltrok opgeblaas, beurtkrag dreig steeds
Elvira Wood – Een van Eskom se steenkoolvragmotors is vroegoggend naby die Hendrienakragstasie in Mpumalanga met 'n petrolbom opgeblaas.
Dit is volgens 'n twiet deur Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder.
Hy sê dit is nie tans duidelik of dié aanval deel vorm van die pogings om bedrywighede by kragstasies te onderbreek nie.
Eskom het vroeër gewaarsku daar is Woensdag steeds ’n groot risiko van beurtkrag.
Dit volg nadat die kragvoorsiener Dinsdag omstreeks 20:00 weer al die ligte aangeskakel het.
Eskom het vir ’n paar uur lank fase 1-beurtkrag ingestel weens druk op die netwerk.
As we wait for the wage negotiations to resume under the auspices of the CCMA today at 10:00, a coal truck was petrol bombed at the Hendrina power station this morning. Not immediately clear if this is linked to the current acts of intimidation at some power stations. pic.twitter.com/bqi8Wq3Udz
— Khulu Phasiwe (@KhuluPhasiwe) August 1, 2018
“Klante word gemaan om op hoogte van beurtkragskedules op Eskom en hul munisipaliteite se webtuiste te bly,” sê hy in die verklaring.
Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het vroeg Woensdagoggend getwiet Eskom gaan vandag met Solidariteit, NUM en Numsa by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vergader om te sien of die dooiepunt in gesprekke oor loonverhogings opgelos kan word.
“Ons moedig mense aan om elektrisiteit asseblief spaarsamig te gebruik. Skakel asseblief geisers in die dag, asook onnodige ligte en ander elektriese toerusting af,” vra die kragvoorsiener wéér in die verklaring.
Reuters berig 15 van Eskom se eenhede by nege van sy kragstasies kon nie Dinsdagaand krag opwek nie.
Dit het sowat 6 000 mW (13%) van die kragvoorsiener se kapasiteit beïnvloed.
Reuters berig hy het ’n dokument wat glo Dinsdagaand aan senior personeellede gestuur is, gesien waar al die syfers uiteengesit word.
Vier eenhede by die Arnot-kragstasie was aflyn. Dit was teenstrydig met Eskom se vroeëre verklaring dat net een van die ses eenhede nie gewerk het nie.
Voortdurende arbeidsoptrede en lae steenkoolvoorraad word die skuld vir die probleme gegee.
Elf van die 15 eenhede het Maandag en Dinsdag aflyn gegaan, terwyl vier ander reeds maande gelede tot soveel as ’n jaar gelede nie meer krag lewer nie.
Luidens die dokument was die verwagting dat net twee van die 15 eenhede, albei by Arno, teen Dinsdagaand weer in werking sou wees.
Nege ander gaan glo later vandeesweek weer krag lewer.
· Eskom-kliënte kan die beurtkragroosters by loadshedding.eskom.co.za raadpleeg of die inbelsentrum by 0860 037 566 skakel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie