Steeds te min dokters
Ondanks vordering met die opleiding van meer dokters en mediese personeel skiet te land tekort.
Estelle de Bruyn
Net die hospitaal op Okahandja se mediese personeel is voltallig.
Die Windhoek Sentrale Hospitaal beklee die tweede posisie op dié gebied.
Dít blyk uit antwoorde wat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) op vrae van mnr. Reinhard Nauyoma van die All People’s Party (APP) verstrek het.
Haufiku het gesê in die algemeen beskik Namibië oor slegs 45% van mediese personeel wat benodig word.
Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) moet daar minstens een dokter vir elke 475 pasiënte wees. In Namibië is daar gemiddeld een dokter vir tussen 900 en 1 000 pasiënte.
Daar is egter hoop en vordering word gemaak om die toedrag van sake te verbeter.
Volgens Haufiku het 100 Namibiese dokters en tandartse, 160 geregistreerde verpleegsters, 21 aptekers en 600 gemeenskapsgesondheidswerkers hul mediese studies verlede jaar voltooi.
Hy wys egter daarop dat daar eenvoudig nie genoeg geld beskikbaar is om al die nuwe gekwalifiseerdes in die staatsdiens aan te stel nie. Om hierdie rede het die ministerie met die Namibiese Rooikruisvereniging in gesprek getree om oplossings te help vind.
Met die bystand wat van die Japanse regering deur Unicef ontvang is, hoop Haufiku om van die gemeenskapsgesondheidswerkers wat klaar gestudeer het, uit te plaas.
Ná beraadslaging met die Staatsdienskommissie is onder meer twee bykomende poste vir mediese dokters op Opuwo goedgekeur. Twee van die nuut gekwalifiseerde aptekers sal ook in Opuwo ontplooi word. Ander sal na die Suide gaan en op onder meer Karasburg aangestel word.
Haufiku sê dit wil voorkom asof die ministerie in die verlede te veel klem op die aanstelling van administratiewe personeel en te min op die aanstelling van praktiserende mediese personeel geplaas het.
Hy het die toedrag van sake en die algemene gesindheid in die land betreur.
“Die vraag moenie wees ‘wanneer kan ek wat kry nie’, veel eerder moet dit wees ‘wat kan ek doen om dinge te verbeter?’.” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie