Steeds op soek na die perfekte stem
Die sangkompetisie, Voice of Namibia, het die sluitingsdatum vir inskrywings tot middernag aangeskuif, terwyl die soektog na die land se beste sangstemme voortduur.
Die kompetisie gee aan opkomende sangers die geleentheid om hul vokale vermoëns ten toon te stel.
‘n Paneel wat uit ses ervare beoordelaars bestaan, sal die top-18-inskrywings kies wat môre (12 Maart) aangekondig word.
Die top-18 gaan deur na die volgende uitdunronde wat uiteindelik tot die regstreekse optrede sal lei.
Deelnemers moet een video-opname inhandig waarop hulle ’n liedjie van hul eie keuse sing.
Die video mag nie langer as twee minute wees nie. Alle genres is welkom en die minimum ouderdom vir deelnemers is 15.
Die beoordelingspaneel bestaan uit hoofbeoordelaar en musikant Savannah Collins, saam met die wenners van die afgelope drie jaar, Heiko Doedens, Nadia Hanssen en Claudine Nelson.
Theodore Cooksen, die voormalige dirigent van die Muscato Jeugkoor, en Lomine Vermeulen, die direkteur van die Namibiese kampioenskappe vir uitvoerende kunste, sal ook hul kennis na die tafel bring.
“Voice of Namibia is ‘n kompetisie wat 'n platform skep om nuwe sangtalente in Namibië te ontdek,” het me. Alinda Lu Mar, die stigter en eienaar van Voice of Namibia, gesê.
Voice of Namibia het in 2018 tot stand gekom en word in die sosiale media bestuur met openbare stemme en aanlyn beoordelings. Die kompetisie het in die volgende twee jaar gegroei tot een van Namibië se voorste sangkompetisies met geleenthede vir oud en jonk om deel te wees van die dinamiese wêreld van verhoogoptredes.
Video-inskrywings kan na [email protected] gestuur word, of kontak Alinda by 081 333 5647.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie