Steeds geen einde aan hepatitis E

Verskeie struikelblokke

11 February 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Ten spyte van voortgesette pogings om die landswye hepatitis E-uitbreking hok te slaan, is daar steeds geen einde aan dié siekte nie.

Die eerste gevalle is in September 2017 reeds in Windhoek aangeteken, en ‘n uitbreking is amptelik in Desember 2017 in die Khomasstreek verklaar.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het op ‘n nuuskonferensie in die hoofstad gesê die uitbreking moet nou, ‘n jaar en ‘n half later, bedwing word.

Tot dusver is 4 432 gevalle en 40 sterftes landswyd aangeteken.

Die meeste sterftes was onder swanger en postpartum vroue (17 gevalle), wat 42,5% van alle sterftes as gevolg van die siekte behels.

Volgens Shangula is daar ‘n gevoel van “onverskilligheid” onder die algemene publiek oor die siekte.

“Dit lyk of mense se toewyding daal, dit is tyd vir skokterapie,” het Shangula gesê.

Hy het verwys na sommige streke wat nie reaksieplanne op die siekte het nie, of wat hul reaksieplanne nie implementeer nie.

Voorts is sanitasiegeriewe swak en is ontlasting in die oopte normaal eerder as die uitsondering, het Shangula gesê.

Die minister het beklemtoon dit is moontlik om hepatitis E “in ‘n relatief kort tyd” uit te wis. Volgens hom is die beslissende faktor individuele, persoonlike higiëne.

Van die struikelblokke in die stryd teen die siekte sluit volgens die minister onvoldoende finansiering vir ‘n inligtingsveldtog op radio of televisie in, en ‘n “algemene moegheid” onder baie van die verwante rolspelers.

Volgens Shangula bereik die boodskap van persoonlike higiëne en die belangrikste inligting oor die siekte wel baie mense, maar word dit nie toegepas nie.

“Daar is ‘n gebrek aan kennis oor die voorkoming, oordrag en bestuur van die siekte,” het hy gesê.

Die minister sonder onvoldoende handewaspraktyke uit, wat behels dat inwoners wat almal hul hande in dieselfde bak was.

Hy het ook verwys na die Omusatistreek waar ‘n gebrek aan skoon water en ook stigma en diskriminasie as struikelblokke in die stryd teen die siekte uitgesonder is. Ook is daar onvoldoende kapasiteit van gesondheidswerkers in die gemeenskap.

Volgens hom is daar ook verwarring oor of inwoners met mekaar mag handskud en of dit wel die siekte kan oordra.

Republikein het vroeër berig informele nedersettings in die Khomasstreek word steeds die ergste deur die uitbreking geraak.

‘n Bykomende 2 962 gevalle is daar aangemeld, gevolg deur die Erongostreek met 918 gevalle, Omusati met 174 en Oshana met 80.

In Ohangwena is 60 gevalle bygewerk, gevolg deur 50 gevalle in die Oshikotostreek en 39 in die twee Kavangostreke.

In die streke Otjozondjupa, Kunene, Omaheke en Hardap is 34 gevalle aangemeld.

In die Khomasstreek is 30 van die 40 aangemeld, met vier in die Erongo, en twee elk in Omusati, Ohangwena en Oshana.

Soortgelyk

 

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

2 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

2 ure gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

2 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

2 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

2 ure gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

2 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...

Boere kan doen met ‘n miljoen

2 ure gelede | Omgewing

Engen het gister N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds oorhandig.Dit ná sy eerste skenking van N$850 000 op Vrydag 12 Julie. Die oliemaatskappy het...