Stedelike grond: Indaba 2018 tot nou

30 December 2020 | Regering
Hoeveel bekostigbare huise is in die huidige boekjaar opgerig?
Net 345 volgens die vorderingsverslag oor die uitvoering van besluite wat in 2018 by Namibië se tweede nasionale grondberaad geneem is.
Die gemiddelde teiken – gemeet aan die voorneme om binne 7 jaar 300 000 huise te bou – is 43 000 wonings per jaar.

Die huise is as volg opgerig:

PPP’s 53
(Ongwediva 16, Arandis 3, Rehoboth 7, Ondangwa 17, Oshikuku 10)

Shack Dwellers Federation 285
(Ondangwa 12, Aminuis 7, Oshakati 32, Otavi 8, Berseba 8, Tsumkwe 5, Okakarara 38, Rundu 4, Rupara 32, Witvlei 1, Aranos 22, Grootfontein 47, Otjiwarongo 13, Lüderitz 4, Nkurenkuru 4, Eenhana 40, Okahao 2, Gobabis 6)

Plaaslike owerheid 1 (Outapi)

Saambouprojek (BTP) 6
(Aroab 1, Tses 5)

NUWE BELEID
‘n Nuwe beleid oor stedelike grondhervorming moet volgens die verslag die lig sien voor die einde van vanjaar.
In Julie is geadverteer vir belangstellendes om die taak te verrig, dokumente is op 19 November voltooi en volgens die verslag is die riglyne op 23 November oorhandig.
Ook vir ander take moet die aanstelling van konsultante nog voltooi word.
‘n Verslag oor die uitsluiting van middelmanne tydens die diens van erwe en bou van huise moet lei tot ‘n toetsfase in Ondangwa, Windhoek en Walvisbaai.
Die vorderingsverslag sê: “This is currently underway.”
‘n Fasiliteringsooreenkoms vir die projek, ter waarde van N$5 miljoen, tussen die ontwikkelingsbank (DBN) en die betrokke 3 plaaslike owerhede moet nog blykbaar afgehandel word. Stad Windhoek soek ook meer geld om op behuising te bestee.
Volgens die verslag bestaan beleid reeds om eerstekeerkopers te bevoordeel, maar volgens nuusberigte kla die publiek dikwels dat grondbaronne van die kopers as fronte gebruik.
‘n Span ondersoek hoe om te verseker dat toegekende grond in dorpsgebiede binne 6 maande beskikbaar is vir ontwikkeling.
‘n Databasis oor behuising sal tesame met die sensus vir 2021 opgestel word.
Vyf plaaslike owerhede neem tans deel aan ‘n proefprojek om informele nedersettings op te gradeer: Windhoek, Rehoboth, Rundu, Helao Nafidi en Opuwo.
Die GIZ en KfW het N$11 miljoen hiervoor bewillig.
Die Mix-kamp noord van Windhoek word in die verslag as prioriteit uitgesonder.

BUITELANDSE EIENAARSKAP
By die grondkonferensie is besluit om die besit van residensiële eiendom (woonstelle en huise) deur buitelanders te verbied.
Hulle mag wel sake- en nywerheidseiendomme besit.
Alle bestaande wetgewing en beleid hieroor moet nog aan die ministerie van justisie vir oorweging voorgelê word.
Die taakspan het egter reeds in beginsel bevind ‘n verbod op grondbesit deur buitelanders is ongrondwetlik.

BELASTING
Die beraad het besluit mense met ekstra huise, wat nie in hul woning van eerste keuse bly nie, moet meer belasting op ander eiendomme betaal en oordragkostes vir ‘n tweede en meer eiendomme in dieselfde persoon se naam moet verhoog word.
‘n Taakspan, bestaande uit personeel van die Bank of Namibia en ministerie van finansies, is volgens die verslag in Maart 2020 aangestel om die vraagstuk te ondersoek. Die verslag moes vanjaar afgehandel word.

SUBSIDIES
Die verslag benadruk meganismes bestaan reeds hiervoor aan streekrade, plaaslike owerhede en ander organisasies.
In die huidige boekjaar is geld as volg toegeken:
Shack Dwellers Federation N$10 m.
Saambouprojek (BTP) 11,8 m.
Plaaslike owerhede
Diens van grond N$680 m.
Konstruksie N$417,5 m.
In die vorige boekjaar is 3 210 erwe gediens in 17 plaaslike owerhede.
Die hersiening van befondsingsformules vir behuising aan streekrade en plaaslike owerhede behoort teen Maart 2021 afgehandel te wees.

NYWERHEDE
‘n Naam is op 13 November gereserveer om ‘n maatskappy te stig waaraan plaaslike owerhede grond kan skenk wat spesifiek vir nywerheidsontwikkeling geoormerk is. Volgens die verslag vertraag die prys van grond voorsiening in die behoefte.

TITELAKTES
Beleid voorsien vir die daarstel van inwonersverenigings in informele nedersettings onder wie se toesig titelaktes aan inwoners gegee sal word.
In Onawa in Oshakati is 55 titels toegeken op ‘n grondgebied van 42 hektaar met nog 117 titels in Oktober. Op Gobabis is 317 titels toegeken op 63 hektaar. In Windhoek is 6,6 hektaar goedgekeur vir die projek in Okuryangava en in Onyika-straat.
Soortgelyke projekte word beplan op Oranjemund, Mariental, Outapi en nog 10 ander dorpe.

UITSETTING EN ANDER KWESSIES
Alle wetgewing en beleid oor die uitsetting van onwettige plakkers moet nog aan die ministerie van justisie voorgelê word.
Gesprekke duur ook voort oor die besluit om minimum-bouwaardes per perseel te verwyder.
In Januarie 2021 moet ‘n ondersoek begin oor die beskikbaarheid van plaaslike, alternatiewe boumateriaal.
Lede van die huurbeheerraad is aangestel, maar hulle moes nog opleiding ontvang voor die einde van vanjaar.
Huur-om-te-koop-modelle word deur die behuisingsowerheid (NHE) ontwikkel op Rundu, in Oshakati, Windhoek, Ondangwa en Ongwediva.
Die NHE moet teen Maart 2021 ‘n omvattende plan gereed hê vir die finansiering van middel- en laekostebehuising.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

18 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

18 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

18 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

18 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

18 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

18 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...