Standard Bank in reuse-notering

15 November op NSX

07 October 2019 | Bankwese
Jo-Maré Duddy



Die grootste notering op die plaaslike indeks sedert dié van Bank Windhoek Holdings in Junie 2013 wink vir die Namibiese aandelebeurs (NSX) met Standard Bank Namibia Holdings se aanvanklike openbare aanbod wat vanoggend om 09:00 open.

Meer as 22,4 miljoen nuwe gewone aandele is teen N$8,90 stuk beskikbaar. Hiermee beoog Standard Bank Namibia Holdings (SBN) om bykans N$200 miljoen se aandelekapitaal in te samel.

Luidens die aanvanklike openbare aanbod (IPO) is 'n minimum van sowat 32 miljoen en 'n maksimum van bykans 58,7 miljoen van bestaande aandeelhouers se gewone aandele voorts beskikbaar. Ook dit kos N$8,90 per aandeel. Hiermee kan tussen N$285 miljoen en N$522,2 miljoen verkry word.

In totaal kan SBN se IPO dus amper N$722,2 miljoen werd wees.

SBN, waarvan die totale bates teen die einde van 2018 bykans N$36,8 miljard beloop het toe sy leningsboek op amper N$25,1 miljard gestaan het, beoog om op 15 November op die NSX te noteer.

Sy IPO sluit op 1 November om 12:00.

SBN sê die IPO gaan Namibiese ­eienaarskap in die algemeen en swart ekonomiese bemagtiging op 'n breë basis in die instelling vergroot. Dit gaan voorts die instelling se kapitaalbasis vergroot en beplande diversifisering en uitbreiding in geteikende groeiareas moontlik maak. Die IPO gaan SBN in staat stel om “strategiese verkrygings” te doen.



Vernamibisering

SBN het reeds in 2014 sy eerste treë na vernamibisering gegee deur 10% van dié finansiële instelling in die hande van Namibiërs te plaas. Dié lokaliseringsprogram was N$300 miljoen werd.

SBN het toe gesê die lokaliseringsproses was die eerste stap in die notering van die bank op die NSX, wat voor Desember 2019 sal geskied.

Namibië se finansiëlesektorstrategie (NFSS) vir 2011 tot 2021 maak voorsiening vir regulasies om finansiële instellings in die land te verplig om op die plaaslike indeks te noteer.

Teen 2021 beoog die regering dat die markkapitalisasie van die plaas­like indeks 75% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) sal wees. Teen die einde van 2018 was die totale markkapitalisasie van die plaaslike indeks sowat N$35,4 miljard – skaars 18% van Namibië se BBP teen heersende pryse van ongeveer N$192 miljard.

In die NFSS spreek die regering hom ook duidelik uit teen die oorheersende buitelandse besit van die plaaslike finansiële sektor. 'n “Mengsel” van instellings in plaaslike en buitelandse besit is nodig om in Namibië se ontwikkelingsbehoeftes te voorsien, luidens die NFSS.



Plaaslike indeks

Daar is tans nege groepe op die plaas­like indeks van die NSX genoteer.

Met 'n totale markkapitalisasie van bykans N$9,99 miljard teen die beurs se sluiting Vrydag is Namibia Breweries Ltd die grootste. NamBrew het in 1996 genoteer en sy IPO-prys was N$2,40 per aandeel. Die groep het Vrydag op N$48,35 stuk geëindig.

FirstRand Namibia, voorheen FNB Namibia Holdings, is die tweede grootste met 'n markkapitalisasie van sowat N$8,95 miljard. FirstRand het in 1997 genoteer en sy IPO-prys was N$3,80 per aandeel. Dié groep het Vrydag op N$33,46 per aandeel gesluit.

Capricorn Investment Group, voorheen Bank Windhoek Holdings, het 'n markkapitalisasie van bykans N$8,3 miljard. Sy IPO-prys was N$8,75 stuk en sy sluitingsprys Vrydag was N$15,98 per aandeel.

Die totale markkapitalisasie van die plaaslike indeks beloop tans bykans N$31,8 miljard.

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

16 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...