Stampriet se kleintjies leer
“Ek kan nie kinders op straat sien, terwyl ek weet dit is môre se leiers nie.”
Maria Eiseb - Op Stampriet, ’n dorpie ongeveer 310 km buite Windhoek, het me. Martha Beukes (61), ’n afgetrede onderwyseres, ’n kindertuin met sowat 30 minderbevoorregte kinders gestig.
Die Macedonië-kindertuin hou die kinders van die strate af, sê sy.
Beukes het twee sinkklaskamers op haar seun se erf gebou om die kindertuin mee te begin.
“Maar dit is nie genoeg nie. Ek wil nóg klasse bou om jonger kinders ook in te neem,” het sy gesê.
Beukes is steeds ’n onderwyser in haar hart.
Sy het gesê sy kan nie net by die huis sit en niks doen, terwyl kinders wat op die skoolbanke hoort, in die strate rondloop nie.
By Macedonië-kindertuin kry kinders voorskoolse onderrig.
“Ek kan nie kinders op straat sien, terwyl ek weet dit is môre se leiers nie. Hulle moet voorskoolse onderrig kry om vir skool voor te berei," het sy gesê.
Volgens Beukes is die meerderheid dorpsinwoners werkloos en die meeste gesinne het dus nie vaste verblyf nie.
“Die kinders moet ten minste opgevoed word vir die toekoms - dit is baie belangrik,” het sy gesê.
Volgens Beukes is die meeste van haar huidige leerlinge haar oudleerlinge se kinders.
Beukes het besluit om werk te probeer skep. Sy het drie gr. 12-leerlinge aangestel om haar te help.
Sy het voorts gesê as sy genoeg geld gehad het, sou sy vir hul verdere opleiding gesorg het.
Hierdie jaar sal Macedonië se eerste groepie leerlinge hul voorskoolse onderrig voltooi.
“Ons is so opgewonde en sien uit na die groot dag. Die kinders kan nie wag nie,” sê Beukes.
Ná haar aftrede was sy baie eensaam en het sy skoolhou gemis, sê sy.
"My grootste wens vir as ek eendag nie meer hier is nie, is dat die jongmense van Stampriet onderrig ernstig sal opneem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie