Stampriet-akwifer tu00e9 kosbaar vir uraanmyn
Stampriet-akwifer tu00e9 kosbaar vir uraanmyn

Stampriet-akwifer té kosbaar vir uraanmyn

Met die bekendstelling van 'n opgedateerde hidrogeologiese kaart van Namibië se ondergrondse waterbronne, neem die land wéér die voortou op die vasteland in terme van waterbestuur.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die minister van landbou, water en grondhervorming sê na sy mening behoort 'n totale verbod op prospekterings- en mynbedrywighede op die kwesbare Stampriet-akwifer geplaas word.

“Prospektering in die akwifer behoort baie versigtig oorweeg te word. Volgens beskikbare inligting word die bron reeds in die eksplorasiefase aan beduidende risiko's blootgestel, asook tydens die ontginningsfase.”

Minister Calle Schlettwein het die opmerkings Vrydag tydens die bekendstelling van die derde uitgawe van die hidrogeologiese kaart van Namibië gemaak. Hy het gereageer op joernaliste se vrae oor planne vir 'n uraanmyn in die Leonardville-omgewing en die impak daarvan op dié akwifer.

“Die feit is daar word binne die akwifer gemyn en deursyfering vind ook reeds plaas. Die besoedelde water word binne die akwifer uitgelaat.

“Ons glo daar is 'n beduidende risiko vir deursyfering en besoedeling, afhangende van waar die boorgate gesink word en hoe vér die water strek.

“Ons glo hierdie akwifer is veels te waardevol vir die hele Kalahari-gemeenskap dat ons risiko's kan neem wat dit totaal kan verwoes of die benutting daarvan kan inperk,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg Namibië behoort, as die droogste land suid van die Sahara, sekere sones en sekere grondwater reservoirs as beskermde gebiede te verklaar.

“Dit sal dwaas wees as ons toelaat dat kommersiële aktiwiteite dit bedreig. 'n Gemynery binne 'n akwifer behoort versigtig oorweeg te word en waarskynlik heeltemal verbied te word – veral as dié minerale elders ook beskikbaar is.

“Ons behoort vinnig en daadwerk­lik te reageer, voor daar skade gedoen word. Die prospektering binne 'n akwifer is nie volhoubaar nie.

“Daar is gebiede waar min water beskikbaar is, dus is dit baie waardevol en moet reëls vir die benutting daarvan bestaan.”



LEIER

Die kaart oor Namibië se ondergrondse waterbronne, wat ook aandui hoe kwesbaar die onderskeie bronne is, hoe straf water daaruit gepomp word, wat die gehalte van die water is en hoe vinnig en doeltreffend dit hervul word, is die derde uitgawe en bevat die jongste datastelle hieroor.

Dit is aanlyn (op die webwerf www.na-mis.com asook in die vorm van 'n handboek vervat.

Schlettwein het gesê dit is 'n noodsaaklike versameling van geohidrologiese inligting en die bekendstelling hiervan plaas Namibië weer eens in 'n leiersposisie op die vasteland in terme van nasionale waterbestuur.

Hy sê Namibië neem ook die voortou op die vasteland met die herbenutting van rioolwater.

“Verder gee die land ook die toon aan deur ondergrondse waterbronne soos die Windhoek-akwifer kunsmatig te hervul in tye wanneer damme vol is.”

Schlettwein het gesê volgens die jongste data kom 60% van al die water wat in Namibië gebruik word, van ondergrondse water.



OPGEDATEER

Hy sê die kaart en handboek is die eerste keer in Desember 2001 gepubliseer en toe weer tien jaar later in 2011.

“As die bewaarder van ondergrondse waterbronne in Namibië, het die ministerie dit goedgedink om 'n opgedateerde weergawe uit te reik, wat oraloor vir die bestuur van ondergrondse water aangewend word.

“Die hersieningsproses het behels dat ons die jongste, opgedateerde geologiese data en data oor ondergrondse water van onlangse projekte moes gebruik.”

Hy het gesê die ministerie het geld wat deur die SADC-instituut vir die Bestuur van Ondergrondse Water (SADC-GMI) beskikbaar gestel is, hiervoor benut.

Schlettwein sê behalwe dat die kaart nou as hulpbron kan dien vir nasionale ontwikkelingsbeplanning, bied dit ook aan navorsers die geleentheid om vas te stel waar verdere navorsing nodig is en waar verdere eksplorasiewerk gedoen kan word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%