Staking dreig by toerisme-oorde
Staking dreig by toerisme-oorde

Staking dreig by toerisme-oorde

Dani Booysen
Die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) het vanmiddag kennis gegee dat 'n staking reeds Vrydag by die hoofkantoor van Namibia Wildlife Resorts (NWR) en sy oorde in die land kan begin.
Dit volg nadat die kantoor van die arbeidskommissaris se bemiddeling in 'n salarisgeskil nie die knoop kon deurhaak nie.
Volgens mnr. Cleophas Katuuo van die vakbond is 'n sertifikaat dat die geskil nie besleg kon word nie, reeds Saterdag uitgereik. Hy sê onderhandelinge wat vandag plaasgevind het, kon ook nie die dooie punt uit die weg ruim nie.
Volgens arbeidswetgewing sal partye eers moet ooreenkom oor reëls vir die staking.

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer