Staatshuis verwelkom Chani

11 October 2021 | Regering
Namibië se Mej. Supranasionaal, Chanique (Chani) Rabe, is onlangs uitgenooi om met president Hage Geingob by Staatshuis te vergader. Rabe is vergesel deur lede van die Mej. Supranasionaal-organisasie en het die geleentheid gebruik om die jeugprojekte te verduidelik waaraan hulle werk.

“Ek is baie passievol oor die werk wat ek doen en om terug in my land te ploeg. Dit is nie net my plig nie, maar my voorreg om van my vaardighede te deel om die jongmense van die land waarvoor ek so lief is, te bemagtig en op te hef,” het sy aan Geingob verduidelik.

Die president het sy dank uitgespreek oor die manier waarop Rabe haar land as die eerste Mej. Supranasionaal van Afrika verteenwoordig.

“Ek het jou reis gevolg en ek is so trots op jou. Gewoonlik stel ek ambassadeurs aan vir amptelike werk, maar jy is ook ‘n spesiale ambassadeur van Namibië,” het Geingob gesê.

Hy het ’n diplomatieke paspoort aan haar oorhandig “sodat jy jou pligte kan nakom en ‘n helder lig op ons land en sy ongelooflike mense kan laat skyn”.

Tydens die laaste ronde van die Mej. Supranasionaal-skoonheidskompetisie in Pole, is Rabe gevra wat sy in 30 minute met die leier van haar land sal wil bespreek. In haar antwoord het Rabe gesê sy respekteer die manier waarop die president met die mense van Namibië kommunikeer en dat sy Geingob se raad sal vra oor hoe sy haar stem en dade op haar pad vorentoe kan gebruik om ’n verskil te maak.

“Dit is belangrik dat jy ’n outentieke persoon bly en altyd onthou die wêreld sal jou ware hart sien as jy jou werk met liefde en passie doen. Ek glo in jou en weet jy sal aanhou om ons almal baie trots te maak,” het Geingob gesê.

Die president van die Mej. Supranasionaal-organisasie, mnr. Gerhard Parzutka von Lepinski, het die president vir sy ondersteuning bedank.

“Ons het 'n pragtige, opregte en vriendelike ambassadeur vir ons organisasie en u land gevind. Deur die jaar sal ons u pragtige land soveel as moontlik bevorder,” het hy gesê.

“Ons het 'n paar beloftes aan die gemeenskap in die Zambezistreek gemaak en ons kan nie wag om vroeg volgende jaar terug te keer om dié beloftes aan die Sijwa-projek na te kom nie. Dit gaan baie spesiaal en opwindend wees,” het die kreatiewe direkteur van die organisasie, mnr. Andre Sleigh, bygevoeg.

Die volgende bestemming op Rabe se nasionale tuiskoms- en promosietoer is Swakopmund en Walvisbaai. - [email protected]

Soortgelyk

 

Namibiër met Omicron: Kontakopsporing begin

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het reeds begin om die mense op te spoor met wie die Namibiese diplomaat wat...

Beleggingswet op ys … vir nou

9 ure gelede | Regering

Brigitte WeidlichDie minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gistermiddag die konsepwet op die bevordering en fasilitering van beleggings in die parlement teruggetrek...

Somer, swem en lafenis

9 ure gelede | In beeld

Die munisipale swembad in Katutura en die een in Olympia is vanaf verlede Saterdag vir die publiek oop. Ingangsfooie by die swembaddens is N$10,50 vir...

Verdediging trap vas oor ‘geheime’

9 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie ministerie van verdediging en veteranesake se boeke klop nie en die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge moes gister worstel om antwoorde uit...

Weer vir 1 Desember 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm in die suidweste, maar elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot verspreide donderbuie in Otjozondjupa en Omaheke....

Geen keer aan brande

9 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie brand wat ’n week gelede by die Osona- militêre basis naby Okahandja begin het, het gister laat namiddag nog steeds in die berge...

Vroeë vakansie ná uitgelekte vraestelle

9 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê skole gaan vroeër sluit as wat aanvanklik aangekondig is, om streke in staat te stel om voor...

Namibiërs kan derde dosis Sinopharm kry

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibiërs wat volledig met Sinopharm teen Covid-19 ingeënt is, kan nou vir ’n derde bykomende primêre dosis gaan. Die tydsverloop tussen die tweede en...

Pohamba gekritiseer oor uitsettings vanaf sy plaas

9 ure gelede | Politiek

Augetto Graig en Enzo Amuele Nege en sewentig jaar ná haar geboorte op die plaas Guinaspoh, moet me. Amanda Kairises, haar man Alfred en hul...