Staatshoof besoek Zimbabwe
Pres. Hage Geingob het gister op 'n drie dag lange staatsbesoek na Zimbabwe vertrek.
Volgens 'n verklaring van Staatshuis is dit Geingob se eerste besoek aan Zimbabwe sedert hy twee jaar gelede aan bewind gekom het.
Die doel van die besoek is om die bilaterale betrekkinge tussen die twee buurlande te versterk.
Die staatsbesoek is voorafgegaan deur die vierde ronde diplomatieke konsultasies wat op 24 April gehou is, en die agtste sitting van die gesamentlike Namibies-Zimbabwiese permanente kommissie vir samewerking van 24 tot 26 April.
Tydens sy besoek sal Geingob Zimbabwiese verteenwoordigers van verskeie plaaslike nywerhede in Harare toespreek en die Zimbabwiese internasionale handelskou op 28 April in Bulawayo open.
'n Geselekteerde groep Namibiese sakeondernemings is ook tydens die besoek verteenwoordig en sal hul ware by die handelskou uitstal.
Die president word vergesel van die eerste dame, me. Monica Geingos, die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ndgatjizeko, die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, en ander senior regeringsamptenare.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie