Staatsamptenare verklaar dispuut met regering
Elvira Hattingh - Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het pas aangekondig hulle het ’n dispuut oor salarisonderhandelinge met die regering verklaar.
Dít volg nadat die regering se onderhandelingspan oor salarisverhogings en byvoordele vir staatsamptenare sedert Januarie verlede jaar nog geen teenaanbod op die vakbonde se voorgestelde verhogings gemaak het nie.
As gevolg hiervan het die vakbonde op 12 April vanjaar ’n interne dispuut met die kantoor van die eerste minister verklaar.
Ná die saak nie binne 30 dae opgelos kon word nie, het die vakbonde op 18 Junie ’n dispuut by die kantoor van die arbeidskommissaris ingedien.
Die arbeidskommissaris sal na verwagting beide partye binne 30 dae nooi om die saak deur bemiddeling op te los.
Foto: Elvira Hattingh

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie