Staatsalarisse vreet kapitaal

Swak begrotingsbeplanning en die impak van die derde Covid-19-golf beteken die regering moet sowat N$2 miljard méér bestee as waarvoor voorsien is.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Nóg bykans N$1,2 miljard wat nodig is om staatsamptenare in 2021-'22 te betaal, beteken bykans N$280 miljoen minder gaan in die huidige begrotingsjaar in ontwikkelingsprojekte belê word.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het gister tydens die indiening van die hersiende begroting gesê in totaal moes N$2,2 miljard vir bedryfsuitgawes tussen begrotingsposte rondgeskuif word om die regering se boeke vir 2021'-22 te laat klop.

Die meeste hiervan is weens onderbegroting vir personeeluitgawes en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wat meer geld tydens die derde Covid-19-golf moes bestee, het Shiimi gesê. Hersiende begrotingsdokumente toon die regering se salarisrol styg van die bykans N$28,5 miljard in die hoofbegroting tot 'n geskatte N$29,6 miljard tans.

Buiten vir die herverdeling van geld tussen poste, is projekte ter waarde van N$279,8 miljoen in die ontwikkelingsbegroting van Maart vanjaar “opgeskort”. “Bedryfsbesparings” van N$41,4 miljoen het ook gehelp om die kontantgat toe te stop.



STAATSKAS

Die fiskus verwag nou N$1,5 miljard méér inkomste as waarvoor in die hoofbegroting voorsiening gemaak is. Dié meevallers is danksy N$408,6 miljoen uit viskwotaveilings, Namibia Post and Telecommunications ­Holdings (NPTH) wat N$400 miljoen se bykomende dividende verklaar het en sowat N$304 miljoen meer uit ­tantième.

Individuele belastingbetalers gaan ook beter as verwag opdok en vir nóg N$693,8 miljoen se inkomstebelasting in die staatskas sorg.

“Die ideaal sou wees om dié bykomende inkomste te gebruik om die ­begrotingstekort te verminder. Ons staar egter geprojekteerde tekorte op personeel- en ander verpligte ­uitgawes in die gesig,” het Shiimi gesê.

Versuim om dié verpligtinge na te kom, sal tot oorbesteding en onbetaalde fakture lei, aldus hom.



MEER GELD

Beide die onderwys- en gesondheidministeries kry N$400 miljoen meer: Eersgenoemde om onderwysers te betaal en gesondheid om hul Covid-reaksieplan 'n hupstoot te gee.

Die regering se mediese fonds (Psemas) kort nóg N$230 miljoen, waarvan N$200 miljoen vir die styging in eise tydens die derde golf van Covid bestem is.

Die volgende ministeries kry meer om salarisse te kan betaal: Werke en vervoer (N$5 miljoen), verdediging (N$458 miljoen), nywerheidsontwikkeling (N$43,2 mijjoen), asook arbeid (N$1,3 miljoen). Van dié ministeries het ook bykomende geld vir ander uitgawes ontvang.

Goeie nuus is die toekenning van nóg N$15,3 miljoen aan die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maat­skaplike dienste vir die uitrol van maatskaplike toelaes. Shiimi het nie hierop uitgebrei nie. Die begroting vir die bekamping van stropery is met N$4 miljoen verhoog. Nóg N$220,4 miljoen is aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) toegeken om onder meer die skuld van AgriBusDev te betaal, lokomotiewe vir TransNamib te huur en bedryfsuitgawes van Namibia Wildlife Resorts (NWR) te dek.

Die Namibiese uitsaaier (NBC) het N$141,7 miljoen meer gekry om op die lug te bly.

Bykomend is N$166 miljoen vir die werksaamhede van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) beskikbaar.

Besteding op veteranesake het met N$19,1 miljoen toegeneem.

Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie en veiligheid en sekuriteit is N$27 miljoen ryker om hul vloot in stand te hou en die Instituut vir Forensiese Wetenskappe te bedryf. Justisie het nóg N$5 miljoen vir getuiefooie ontvang. Landbou, water en grondhervorming se begroting is met N$7,6 miljoen verhoog vir onder meer die leningskema van Agribank.



SYFERS

Shiimi verwag nou totale inkomste van sowat N$53,6 miljard in 2021-'22 vergeleke met die bykans N$52,2 miljard in die hoofbegroting. Totale beraamde besteding styg van N$67,95 miljard tot amper N$69,7 miljard. Die verwagte begrotingstekort is nou bykans N$16,1 miljard teenoor N$15,9 miljard in die hoofbegroting.

Totale skuld het effens gekrimp – van N$127,67 miljard tot N$127,68 miljard. Verwagte rente op skuld is N$8,3 miljard vergeleke met N$8,5 miljard in Maart.

Namibië se skuld van US$500 miljoen vir sy eerste Eurobond is gister gedelg, het Shiimi gesê. Hy het in Maart gesê die Eurobond sal deur finansiering in die Namibiese mark afgelos word.

Namibië se ekonomie sal vanjaar na verwagting met 1,9% groei, minder as die 2,1% wat in die hoofbegroting geprojekteer is, het Shiimi gesê. Die land het verlede jaar met -8,5% gegroei, die ergste inkrimping ooit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053