Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

Belangrike beslissing

09 July 2020 | Regering
Ronelle Rademeyer



Die staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik ongeldig.

Die prokureur-generaal, mnr. Festus Mbandeka, het dit Dinsdag aan Republikein bevestig.

Die gewraakte regulasies is vervat in proklamasie 17 van 2020 wat op 4 Mei deur pres. Hage Geingob ingevolge die ­Covid-19-noodtoestand ­uitgevaardig is.

Dit verbied werkgewers om tydens die staat van ­in­perking stappe te doen wat ­werknemers se poste, salarisse of verlof beïnvloed.

Daarvolgens kon werkgewers nie werknemers aflê, hul salarisse inperk of hulle versoek om betaalde verlof te neem nie.

Die Namibië Werkgewersfede­rasie (NEF) en Namibië Werkgewers­vereniging (NEA) het op 29 Mei saam met vyf maatskappye in die ­safari-, lugvaart-, vervoer- en drukkers­bedryf die ­grondwetlikheid van dié regulasies in 'n dringende aansoek betwis.

Die president, regering, prokureur-generaal, ministers van arbeid en ­gesondheid, die ­arbeidskommissaris en die verskeie vakbonde was die ­respondente in die saak.

Regters Shafimana Ueitele, ­Hannelie Prinsloo en Thomas Masuku se bevinding word in regskringe as 'n belangrike ­beslissing oor die grondwetlike bevoegdhede van die president ten tye van 'n noodtoestand beskou.

Adv. Raymond Heathcote, SC, wat vir die werkgewers opgetree het, sê die applikante is nog nie ingelig oor die staat se voorneme om te appelleer nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

7 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

13 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

23 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

23 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

23 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

23 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...