Spuite, pille nie by klinieke

Alternatiewe glo beskikbaar

22 October 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.

Die direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se farmaseutiese verskaffingsketting by die sentrale mediese store het in ’n onderhoud met Republikein erken “voorraad is laag”.

Volgens mnr. Ryno Badenhorst is wel hiervoor voorsiening gemaak.

“Ons het verskillende tipes voorbehoedmiddels en ’n alternatief soos Nordette is wel beskikbaar,” het hy gesê.

Volgens Badenhorst verwag die ministerie ook ’n skenking van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) van voorbehoedspuite wat “binnekort in ontvangs geneem sal word”.

Hy het verwys na ’n altenatiewe voorbehoedspuit waarvan daar ’n vertraging in produksie is weens ’n wêreldwye tekort van die aktiewe bestanddeel.

Volgens hom kon die ministerie ook geen bieërs hiervoor kry om daarvoor te tender nie.

Badenhorst sê een van die voorbehoedpille wat wyd gebruik word, word ook nie meer vervaardig nie.

“Produksie van een van die tablette is gestaak, maar ons het meer as genoeg voorraad van die alternatief Nordette wat ook in gebruik is.”

Met verwysing na die skenking deur die UNFPA het Badenhorst gesê dit vereis die goedkeuring van die Namibiese Medisynebeheerraad weens die verandering in produksie deur die vervaardiger.

Die skenking word “binne ’n week of twee” verwag en word volgens Badenhorst vanuit Europa na Namibië “ingevlieg”.

Hy het ook gesê die ministerie ondersoek die moontlikheid van voorbehoedmiddels wat ingeplant word en wat langtermynbeskerming bied.

“Personeel ontvang tans opleiding in dié verband. Ons evalueer die terugvoering van pasiënte en sal dit moontlik nasionaal beskikbaar stel waar personeel beskikbaar is wat die inplantings kan doen.”

Volgens Badenhorst word huidige tekorte by sekere hospitale en klinieke hanteer deur op die kort termyn voorraad van ander hospitale en klinieke te gebruik.

“Dit is geïsoleerde gevalle. Sommige klinieke met lae voorrade kry voorraad van geriewe wat te veel voorraad het. Dit is tydelik totdat voorraad afgelewer word.”

Hy het beklemtoon die situasie sal normaliseer sodra die UNFPA-skenking en bestelde voorraad afgelewer word. Verskeie klagtes van lede van die publiek is ontvang dat hulle hulself noodgedwonge tot private dokters moes wend vir voorbehoedpille of die –spuit wat hulle andersins by ’n staatskliniek of –hospitaal sou kry.

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

30 sekondes gelede | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

2 ure gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

6 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

8 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

18 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

18 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...