Sprinkaanplaag: SADC vra steun
Sprinkaanplaag: SADC vra steun

Sprinkaanplaag: SADC vra steun

Treksprinkane het reeds tien SADC-lande binnegedring terwyl rampe soos Covid-19, droogte asook ander peste en plae ook hul merk gelaat het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n beroep gedoen op steun in die stryd teen Afrika treksprinkane.

Dit volg nadat altesaam tien SADC-lande sedert die begin van die jaar uitbrekings van die pes ervaar het. Dit hou ook ’n ernstige bedreiging vir voedselsekuriteit in die streek in, met die meeste mense wat in ’n dekade voedseltekorte in die gesig staar.

Mosambiek se minister van landbou en landelike ontwikkeling, mnr. Celso Ismael Correia, het gister gesê die terksprinkaan-ramp volg op talle ander oorgrenssiektes en -peste, wat insluit die onlangse uitbreking van die herfskommandowurm, vrugtevlieë, dodelike mielie-afsterwingsiekte (MLND), Panama-siekte onder piesangs, asook dieresiektes soos bek-en-klouseer en voëlgriep.

Die lande wat deur treksprinkane geraak is, is Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Eswatini, Zambië, Angola en Zimbabwe.

Beide bruin- en rooi treksprinkane het eers in Februarie en Maart en toe weer in Augustus in Namibië se mees noordelike streke toegeslaan.

Volgens Namibië se ministerie van landbou, water en grondhervorming het dit onlangs 400 200 ha binnegedring en 5 000 ha se weiding in die Zambezistreek verwoes.

RAMP-OP-RAMP

“Die uitbreking van die Afrika-treksprinkane kom terwyl SADC probeer om van talle natuurrampe te herstel, wat insluit ’n langdurige en hardnekkige El Niño-droogte, asook die impak van talle siklone waaronder Idai, Belna en Kenneth, asook die Covid-19-pandemie. . .” het Correia gesê en bygevoeg dit gaan na verwagting armoede en swak voedselsekuriteit vererger.

“Vóór die Covid-19-uitbreking het die streek reeds ’n gebrek aan voedselsekuriteit in die gesig gestaar, met sowat 41,2 miljoen mense wat na raming voedseltekorte ervaar het. Dit is die meeste aantal mense met ’n kosgebrek in die streek in ’n dekade,” het hy gesê.

Volgens ‘n streekanalise vir kwesbaarheid wat onlangs vrygestel is, het dié getal reeds na 51,33 miljoen toegeneem, sê Correia, met rampe soos sprinkane en die Covid-19-pandemie wat die streek se kwesbaarheid vererger.

Hy sê volgens die 24ste Suider-Afrikaanse Forum vir Streekklimaatvooruitsigte (SARCOF-24) – wat vanjaar virtueel gehou is, kan oorgrote dele van die streek normale tot bonormale reën verwag.

Hy meen egter dit kan bykomende rampe veroorsaak as stortreën tot kitsvloede lei, wat ’n verdere impak op voedselsekuriteit en mense se lewensbestaan kan hê.

Vir die bestryding van treksprinkane in die SADC-streek, is daar reeds steun van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), asook die Internasionale Organisasie vir die beheer van die Rooisprinkaan ontvang. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!